[Foto’s] Thais stroom na paleis ná monarg se dood

Foto: AP Photo/Sakchai Lalit

Foto: AP Photo/Sakchai Lalit

Derduisende roubeklaers het Saterdag in Bangkok opgeruk na die paleis van koning Bhumibol Adulyadej (88) van Thailand.

Dié geliefde monarg is Donderdag in die Siriraj-hospitaal oorlede ná ʼn lang siekbed.

ʼn Landvoog is aangestel totdat kroonprins Maha Vajiralongkorn gekroon word. Hy het versoek om eers saam met sy landgenote te rou.

Koning Adulyadej se liggaam sal vir 15 dae in die openbaar in staatsie lê. Roubeklaers kon intussen medelye in ʼn boek opteken. Daar is reeds Vrydagaand met begrafnisdienste begin.

Adulyadej was die wêreld se langs regerende monarg en was vir 70 jaar aan bewind.

Die monarg het die invloed van die Thaise koningshuis hervestig te midde van jarelange politieke onrus.

ʼn Rouperiode van een jaar is aangekondig sowel as ʼn 30 dae moratorium op staatsgeleenthede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wonder net. ·

Ek weet nie wat gert bedoel maar in SA wonder ek hoe dit sal wees? Kom ons raai met ‘n peiling.

Gideon ·

Gert ek dink jy moet bykom!! Wat is fout om te sien hoe hartseer is die mense? Ek kan onthou hoe hartseer baie was toe Hendrik Verwoerd begrawe is!!

jemma ·

Ek dink gert bedoel ons moet ons politieke leiers ook met die nodige respek behandel?

Ashlee ·

Jy kry diegene wat treur by n begrafnis, en dan die Gerte wat net daar is om die toebroodjies te vreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.