[Foto’s] Tientalle dood na staatsgreeppoging in Turkye

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Minstens 60 mense is dood en honderde weermaglede in hegtenis geneem, na ʼn mislukte staatsgreeppoging in Turkye.

Lugaanvalle, militêre blokkades en gevegte tussen bendes en die gewapende magte is oornag oor groot dele van Turkye aangemeld. Soldate wat by die staatsgreeppoging betrokke was, se helikopter is oor die hoofstad, Ankara, deur ʼn vegvliegtuig afgeskiet.

Binali Yildrim, Turkye se eerste minister, het gesê orde is teen Saterdagoggend herstel. Hy het ʼn parlementêre sessie byeengeroep vir Saterdagmiddag. Beeldmateriaal wat op nuuskanale uitgesaai is, wys groot skade aan die parlementsgebou.

Foto: AP Photo

Foto: AP Photo

Pres. Recep Tayyip Erdogan het gesê diegene wat die staatsgreep gereël het, sal ʼn “swaar prys betaal vir hul verraad.” Hy het gesê die weermag sal “gereinig” word en “Turkye sal nie deur die weermag regeer word nie”.

Minstens 754 weermaglede is in hegtenis geneem, het die departement van justisie gesê. Vyf generaals en 29 kolonels is afgedank. ʼn Generaal, wat glo deel was van die staatsgreeppoging, is doodgeskiet. ʼn Tussentydse hoof is vir die weermag aangestel.

Beeldmateriaal op nuuskanale en sosiale media het gewys hoe soldate oorgee, nadat hul tenks gebruik het om die brûe tussen die Asiatiese en Europese kante van Istanboel te blokkeer.

Foto: AP Photo/Emrah Gure

Foto: AP Photo/Emrah Gure

Dit is nog nie duidelik wie presies die meesterbrein agter die staatsgreeppoging was nie.

Erdogan se regering loop deur onder kritiek oor toenemende outoritarisme en onderdrukking van die opposisie en media.

Vegvliegtuie het Saterdagoggend bomme naby die presidensiële paleis laat val en Erdogan het gesê daar is steeds ʼn “klein probleem” in die hoofstad.

Soldate het glo die Ataturk-lughawe in Istanboel oorgeneem en daar was vir etlike ure geen vlugte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Eugene ·

Weereens kan ons net dankbaar wees dat sulke voorvalle nie in ons land plaasvind nie!! Baie afrikaners is altyd so krities hoe “sleg” ons land is! Eergister gebeure in Frankryk en nou in Turkye ens ens.

Tong innie kies ·

Eugene.Vir hoe lank gaan dit nog in ons land so “Veilig” wees dat sulke dinge nog nie gebeur nie?Ek wil nie negatief klink nie maar ek dink soortgelyke dinge klop aan ons voordeur.Dis maar net my mening en siening.

aster ·

Ja Eugene, sommige mense is dankbaar dat Zuma regeer, hy is so demokraties en respekteer die konstitusie, of so sê hulle.

E.K. ·

Waar is die klomp wat so paar maande gelede Europa toe wou vlug? Dink hulle regtig nog dis beter en veral veiliger daar??

E.K. ·

Oink dink jy? Of skryf jy sommer net om iets op die webwerf te skryf? ‘n HELE klomp het( na aanleiding van een of ander slimjan in Suid Amerika wat namens S Aners gevra Europa moet ons asiel gee) vreeslik graag wou oppak en trek Europa toe want hulle is dan so moeg vir die misdaad ens hier. Nou wil ek weet of hulle nog so graag wil gaan. So voor jy die stuur knoppie druk, DINK!

Andre ·

Eugene, ewig posiief of blind?
Guptas het lankal suksesvol n staatsgreep uitgevoer en jy is steeds veiliger in Istanboel as in jou sekuriteitskompleks agter al jou slotte.

plaasjapie ·

Lyk my Eugene woon van daai “Bly positief en moenie kyk wat regtig om jou aangaan” klasse by.
Soos Thuunda se is mooi gestel….dis n lekker land want ek lewe darem nog hehe !

Kaufman ·

Lesers van Maroela is baie oopkop en sien deur manipulasie van sommige ander media maar as daar een uitstaan wat ander media en politieke party se breinspoeling soos soetkoek opeet is dit Eugene.

Bruno Stef ·

Die arme siel het die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie of is gewoonweg net moedswillig om kommentaar uit te lok.Ek is doodseker dit is een of ander politieke agent of hoernalis wat die tuie probeer bevuil en op n vals naam kommentaar lewer om volgens sy denke verwarring te probeer saai ignoreer hom/haar net eenvoudig.

Erwee ·

Verwys jy na Eugene? Dit is wat my indruk van die persoon is.

Eugene ·

Bruno Stef: Ek wil net vir jou die versekering gee dit is my regte naam,ek is geen joernalis of enige politieke agent soos jy dalk wil he ek moet wees nie. My denkwyse is miskien nie wat jy wil hoor nie, ek probeer positief wees en glo daar moet regverdigheid geskied in die lewe en ja mens moet jou Medemens en dit sluit jou in ook in aanmerking neem. So ja ek glo ek is deel van die meerderheid Van ons land se mense se denkwyse en wil gelukkig in ons enigste land bly en leef!

Erwee ·

Dis nie net Eugene nie. Daar is enkeles met politieke agendas om Afrikaners sleg te probeer lyk, wat nie net normaal gesels nie maar probeer beinvloed. Dit moet gestop word.

Poplap ·

Dis net Suid Afrikaners wat ‘n coup in die buiteland kan omswaai in ‘n issue met die regering en Zuma. Eish how about bietjie wyer kyk as jou eie graspolletjie

E.K. ·

Eugene is reg in sy eerste skrywe en die klomp negatiewes kan gerus ophou om as persoon aan te val net omdat hul nie saamstem met hom nie. Uiters kinderagtig. Die forums het ‘n plek geword waar mense hul karkaters wys met hul aanmerkings.

E ·

Ken mense wat in Nz Aus Eng. Isrl. woon, party is gelukkig, ander is nie so gelukkig nie. Die lewe is wat jy van dit maak. Oorloë en sulke goed is oral. Ons kan net die beste maak van dit wat ons het, en die Here dank vir al Sy beloftes. Ek bly in SA en het famillie oorsee. Het nog nooit ń begeerte gehad om oorsee te gaan nie. Het in elkgeval nie die geld daarvoor nie.

Ons kan debatteer tot ons blou is, maar op die ou einde is dit net God wat dinge kan toelaat of weerhou. En ja, dinge sal nog slegter gaan, nie net hier nie, maar wêreldwyd.

Gelukkig het ons ń voordeel, want God verlaat nooit Sy kinders nie, en wat ons nie hier op aarde het nie, sal ons eendag in oorvloed van hê.

gatiep ·

Ek het n gevoel dat ons op die selfde pad,dinge is ver van normaal in die land en dit lyk nie mee of dit nog lank is nie.Lyk vir my of daar orals in die wereld probleme kom.Die duiwel wys nou sy gesig en min mense sien hom raak.

Theuns ·

Manne en Dames of jy nou links of regs v
an die spektrum is moet elkeen die reg he om sy se te se! Dit is vryheid van spraak en is goed vir die debat!As jy nie saamstem nie se liewer hoekom nie. En moet nie die man of dame speel nie. Die Debat is wat julle en Maroela as platform om ons se te se so spesiaal maak! Groete aan almal van julle. Ek sien daarna uit om julle elke dag hier te sien. Wat wou ek nou weer se?

Theuns ·

Nou net onthou wat ek wou se. Wat in Turkye gebeur kan baie maklik ook hier gebeur. Die veskil is Turkye het ‘n geweldig sterk weermag. SA het nie en ons manne wat in die ou weermag was weet die ouens van vandag is ‘ n klomp papbroeke. So ek is van mening dat Zuma sal nie SA weermag gebruik nie maar ouens van Bricks lande, Zimbabwe en ander vanaf die noorde. Die buit sal mos groot wees?

Wern ·

Theuns is reg. Ons kan dankbaar wees ons het n platform waarop ons kan gesels soos ons besig nie op n ander manier met mekaar kon gesels het nie. Ek moet bieg ek kan iemand wie se naam met n e begin nie hanteer nie, maar so ook kon ek iemand wie se naam met p begin nie hanteer het nie maar ek het nou groot respek vir die persoon met die tyd gekry, so dalk word ek en e nog pelle, wie weet. Maar verseker nie voor die verkiesing nie!

plaasjapie ·

Ons weermag…gelukkig is hy swak en raak al hoe swakker.
Ons weermag is nie vir die minderheids groep in die land nie…

Eugene ·

Ai Plaasjapie jy se mos hulle is gelukkig swak. So hoekom wil jy hulle he vir die minderheidsgroep?

plaasjapie ·

Eugene my arm druk maaitjie….nie gese ek hulle wil vir minderheids groep. Ek se hulle is nie vir ons minderheids groep nie….en nie vir ons is nie is teen ons.
Dink jy dit is net die polisie wat so partydig is mmm ?

Bruno Stef ·

My boodskap aan die Handvol “Bleeding Hearts” op die forum is dat as die skoen julle pas trek dit dan aan by my gaan dit oor die welsyn van my mense eerste.Ek noem nie name nie so “Go Figure”

Wern ·

E, dit is waar dat elke land probleme het maar party sê probleme is baie groter. NeeuZeeland is byvoorbeeld die week nog aangewys as een van die vreedsaamste lande in die wereld, saam met verskeie lande in noord europa league n n paar ander plekke. Dan is daar lande waar n baie groot persentasie van die bevolking al dood is agv oorlog, misdaad ens. So daar is wel baie groot verskille, nie net in vrede nie maar ook in inkomste. Die faktore verklaar waarom migrasie so baie groot is. Hoop dit maak sin.

Poplap, dit wat daar gebeur kan baie gou op ons voorstoep gebeur. Mugabe se laaste oorblywende stukkie mag is sy weermag wie se lojaliteit slegs agv hulle salarisse afhanklik is. Hulle betaling is nou al vir 2de maand agterstallig. Mugabe sê geld is klaar en sy maatjies is moeg vir hom. As hy nie vinnig iewers geld gaan optower nie dan sal die weermag hoogs waarskeinlik selfde doen as daar in turkye, of so dink ek.

Theuns ·

Dankie WERN vir jou kommentaar. Met hierdie ding wat nou in Turkye gebeur laat dit my terugdink aan die kommentaar van Herman en Dr. Leopold Scholtz. Ek ruik hier ook ‘n Poetin rot. Onlangs het Erdogan ‘n russiese vegvliegtuig neergeskiet nadat Erdogan die russe gewaarsku het om nie oor sy grondgebied te vlieg omsodoene die rebelle by te kom wat teen die Siriese regering veg nie. Ek is seker Poetin beplan iets. Kom ons kyk wat gebeur?

chrisp ·

Theuns.
Ek sien jy is alweer besig met Poeten die groot wreedaard en Boelie.
Het jy al die lande gekry wat hy en Rusland vernietig het soos die klomp wat die vredeliewende weste en veral NAVo en die VSA wel gedoen het? Indien nie bly lg maar die bedreiging nie waar nie?
Dit is nou die derde keer dat ek bewyse vra dat hulle die probleem is. Het jy enige bewyse vir jou stellings?

Wern ·

Ek weet nie wat om te dink oor Putin nie. My leke persepsie oor hom as persoon is dat hy n reuse ego het, baie groter as wat die mense dink Donal trump sn is. Ek hou van trump se persoonlikheid, hy is n tipiese pragmatiese leier, en hy is opreg besorgd oor sy land en ek vertrou hom meer as enige ander politikus in Amerika, behalwe dalk al gore wie ek ook aanhang. Ek dink trump en Putin is baie dieselfde maar Putin het groter ego en gee nie net oor sy eie mense om nie maar ook oor sy eie sak. Ek hou van Putin sê guts, sy harde werk om die russiese ekonomie reg te kry, die feit dat hy ander lande help, maar ek vertrou hom nie.

Tiaan ·

Theuns, Poetin het niks hiermee te doen nie dit was die weermag binne Turkye

Wern ·

Ek wil en kan nie namena Theuns antwoord oor watter lande Rusland ingeval het nie, ten minste nie oor die onlangse verlede nie, ek weet te min van politiek en geskiedenis behalwe dat daar nou baie mense is rondom hull wat bang is vir hom, en daar sal goeie rede wees. Ek weet wel dat hulle in die verlede verskeie lande gekolonialiseer het en ek weet dat daardie lande baie verlig was toe hulle onttrek het so duidelik was hulle nie gelukkig met die ou Rusland nie. Ek weet ook hulle was baie sterk teen ons Afrikaners en het ons op verskeie maniere benadeel. Ek verstaan daar was baie Russe wat ons in die boereoorlog gehelp het, maar ek weet nie of dit net geisoleerde gevalle was nie. Ek weet daar was gese dat die Russe Christenskap onderdruk het maar ek weet nie of dit dalk vals info was nie want sover ek weet is die russies ortedokse kerk groot en was regdeur die kommunistiese tyd en ek weet in die ander lande wat hulle beheer het het Christenskap gefloreer soos in Pole, maar dit is net my leke indruk, dalk is a k heeltemal verkeerd en ek is nou te lui om te Google.

Theuns ·

WERN Dankie! Tiaan en Crisp lees Esegeel 38 en 39. Ek sal julle later vandag volledig antwoord. Op pad Kerk toe.

gatiep ·

So maklik ouens kyk net wie gee isis wapens en wie baklei teen hulle,n baie dom mens kan dit uitwerk wie is die vyand,

Wern ·

Wie gee hulle wapens? Die westerse lande soos die fliek lord of war mooi uitwys? Of Rusland? Ek vra nie uit arrogansie nie maar omdat ek regtig nie weet nie.

Theuns ·

Tiaan en crisp ek hoop julle het Esegeel 38 en 39 gelees. As julle ook Aardrykskunde en Geskiedenis op skool gehad het sal dit nogal help om ‘n geografiese beeld te he van die kontinente en verskillende volke se grondgebied. Crisps jy vra water lande is al der die Russe benadeel of gekoloniseer as ek jou reg verstaan? Omdat ons kommentaar beperk word deur Maroela sal ek jou so kort as moontlik antwoord. Kom ons begin by die ll Wereld Oorlog. Al die state wat binne die Russiese invloeds sfeer gekom het. Hier kan ek spesifiek die Balkanstate, oos Duitsland en Pole noem. Gedurende die tydperk 1945 tot 2015 al die Afrika State en Suid Amerika. Brics state waaronder Suid Afrika ook. Onlangse voorvalle waar Rusland betokke was Georgie, dIe Krim en die Oekraiene. Ek stel voor julle google die insidente. As jy die modus operandi wat Rusland in die lande gevolg het beskou dan kan jy sien dat Rusland se ” vinger afdrukke ook in Turkye le”. Rusland en Poetin purse’ is slu , wreed en boelie sy bure. Of dit met sanksies of afsluiting van gas in die winter is sal hy dit doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.