[Foto’s] Tientalle sterf ná oorstromings in Sri Lanka

Mense sukkel deur vloedwaters in ʼn straat in Sri Lanka. (AP Foto/Eranga Jayawardena)

Nooddiens- en reddingswerkers in Sri Lanka soek steeds na oorlewendes nadat oorstromings en modderstortings reeds die lewe van tientalle mense geëis het.

Meer as 430 000 mense is deur die oorstromings geraak en nagenoeg 339 kampe is opgerig waar meer as 100 000 mense gehuisves word.  Meer as 150 mense is dood en meer as 100 mense word steeds gesoek.

Dit is die ergste ramp sedert ʼn tropiese sikloon in 2003 waartydens 260 mense hulle lewe verloor het. Nog reën word Maandag verwag en duisende mense is reeds weggeneem en na veiligheid gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.