ʼn Groot metaalwrakstuk wat in die suide van Thailand uitgespoel het word ondersoek, maar owerhede in Maleisië het teen gerugte gewaarsku dat dit deel kan wees van ʼn vliegtuig wat twee jaar gelede verdwyn het.
Liow Tiong Lai, minister van vervoer in Maleisië, het Sondag gesê hy het die land se burgerlike lugvaartowerheid aangesê om met Thailand in verbinding te tree oor die wrakstuk.
Alle kommunikasie is in Maart 2014 met Malaysia Airlines se Vlug MH370 verbreek nadat die vliegtuig ʼn skerp draai gemaak het. Die vliegtuig was onderweg na Beijing. Owerhede vermoed die vliegtuig het in die Indiese Oseaan neergestort. Slegs een wrakstuk van die vliegtuig, ʼn gedeelte van ʼn vlerk, het verlede jaar in Julie by Reunion-eiland uitgespoel.
Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.
Mmm… Agter die storie is nog ‘n storie en agter daardie storie is ‘n groter storie!
Hierdie bly maar interessante storie. Ons sal seker nooit weet wat regtig daai dag gebeur het nie.
Snaaks ek kan elke vliegtuig in die wereld sommer van my pc af volg. Somtyds is die US se intelegensie diens baie dom wonder hoekom.N ding agter daai ding.