Foto’s: Veldbrand veroorsaak chaos op VSA-snelweg

Terry Pierson/The Orange County Register via AP

Terry Pierson/The Orange County Register via AP

ʼn Weghol-veldbrand in die suide van Kalifornië het sowat 20 voertuie in puin gelê en veroorsaak dat motoriste vir veiligheid moes hardloop.

Volgens die owerhede het twee mense geringe beserings opgedoen. Die brand het ontstaan in die Cajon-pas langs Inerstate 15, die hoofweg tussen die suide van Kalifornië en Las Vegas.

Lance Adrade (29) was in sy motor toe hy sien hoe mense verby sy motor begin hardloop. Hy het ook uit sy motor uitgeklim en probeer weghardloop, maar volgens hom was dit bykans onmoontlik omdat daar oral vlamme was.

Andrade, vier ander mans en twee bejaarde vroue het in ʼn vragmotor skuiling gesoek. “Jy kon die ontploffings hoor van mense se bande wat weens die hitte gebars het. Jy kon die hitte voel. Ons het maar net gesit en wag en tot God gebid.”

Russel Allevato (45) het van Las Vegas na Los Angeles gereis saam met sy twee dogters, sy neef en sy neef se vriendin. “Daar was rook oral en die motors het begin opdam. Die vlamme het al nader begin kom en almal het teen die heuwel begin ophardloop. Honderde mense het dit gedoen.”

Helikopters met TV-kameras het die tonele op beeld vasgevang, terwyl ander helikopters water na die toneel vervoer het. Volgens die owerhede het die brand reeds sowat 1400 ha vernietig en het meer as duisend brandbestryders gehelp om die brand onder beheer te probeer bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Weereens ‘n bewys dat vuur een van die gevaarlikste natuurelemente is. Enkele weke gelede het voertuie naby Vereeniging met mekaar gebots ook a.g.v. ‘n veldbrand. In my 55jaar agter die stuur het ek ‘n paar kere stilgehou en eers gekyk wat die vuur doen. Daar was kere wat ek die hittegloed deur die syvenster kon voel terwyl die wind die rook weg waai van die pad.
Mag ons hieruit leer dat vuur nie jou maat is, hou eerder stil terwyl die ander blindelings voortjaag. Soms kan jy hoor hoe die spoed skielik afneem daar in die rookgordyn.
Mag ek nooit só haastig en ongeduldig raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.