[Foto’s] Verwoestende brande eis lewens

Foto: AP Photo/Jeff Chiu

Minstens tien mense is dood en sowat ʼn 100 beseer in verwoestende brande in die noorde van Kalifornië.

Twee mense is kritiek beseer en owerhede verwag dat die dodetal sal styg.

Die brand het glo reeds Sondagaand begin en duisende mense is al ontruim terwyl sowat 50 000 mense tans sonder elektrisiteit is.

Brandbestryders het teen 02:00 Dinsdagoggend ʼn brand van sowat 81 hektaar in Napa onder beheer probeer bring.

Jerry Brown, die goewerneur van Kalifornië, het ʼn noodtoestand in Napa, Sonoma en Yuba verklaar as gevolg van die verwoestende brande. Volgens berigte woed minstens 14 brande oor agt provinsies.

Nagenoeg 200 pasiënte is uit die  Santa Rosa-hospitaal ontruim en volgens Kalifornië se brandweerhoof is sowat 1 500 huise, hotelle, winkels en ander strukture al tydens die brande verwoes. Volgens hom word die oorsaak van die brande nog ondersoek.

Minstens twee wynplase is tydens die brande verwoes en baie ander beskadig. Volgens inwoners is as tot in gebiede naby die Stille Oseaan waargeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lynette ·

God straf die mensdom voorwaar ……. eers al die tornado’s in Amerika en Kuba, die aardebewings in Mexico, die droogte in die Wes-Kaap en Sentraal Karoo, en nou die storms in Gauteng en KZN en brande in Kalifornië ………

Vee ·

SAD . . . Die wereld brand en die hel breek los . . . oorsee en hier

christa ·

Stem saam met anoniem. Ek dink in elk geval ons land het genoeg moeilikheid om nog ander lande se slegte nuus ook te luister.

hannes marais ·

en onthou hierdie is maar die begin van smarte….die atoombomme gaan ook nog kom….die bybel se n derde van die mensdom gaan uitgewis word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.