[Foto’s] Vier dood, 20 beseer in Britse terreuraanval

Noodpersoneel naby die Paleis van Westminster in Londen (22 Maart 2017). Foto: Yui Mok/PA via AP)

Noodpersoneel naby die Paleis van Westminster in Londen (22 Maart 2017). Foto: Yui Mok/PA via AP)

Vier mense is dood en minstens 20 beseer in ʼn terreuraanval Woensdag naby die Britse parlement in Londen.

Die Londense metropolisie het bevestig ʼn polisiebeampte en een aanvaller is onder die oorledenes. Mark Rowley, Scotland Yard se hoof van teen-terrorisme, het gesê ʼn polisiebeampte is deur die aanvaller doodgesteek, terwyl die aanvaller deur ander polisiebeamptes doodgeskiet is.

Die polisie glo dieselfde aanvaller was ook verantwoordelik vir ʼn motor wat op die Westminster-brug in voetgangers vasgery het, voordat hy die polisiebeampte by die hek na die parlement aangeval het. Die ander twee oorledenes was voetgangers op die brug.

Niemand is toegelaat om die parlement in te gaan of te verlaat terwyl die polisie die gebied vir nog aanvallers gefynkam het nie. Maroela Media het vroeër berig ooggetuies het gesê hulle het drie of vier geweerskote gehoor gevolg deur mense wat skree. Polisiebeamptes het kort daarna op die toneel toegesak en personeel in die parlementsgebou is aangesê om in hul kantore te bly.

Intussen het die New Yorkse polisiedepartement in die VSA ook bevestig dat hy veiligheidsmaatreëls rondom die Britse konsulaat en ander plekke met Britse bande in New York opgeskerp het in reaksie op die terreuraanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ken benoni ·

Jammer die Britte leer nou op die harde manier , hulle was baie hulp vaardig en sag met ons eie terreur groepe hier in Suid-Afrika, selfs kantore daar in Londen voorsien. Koester die adder teen jou bors en hy gaan jou wel pik!
Kry vir julle, ouma bak lekker koekies!

WitBlits ·

Vatso katvis!
Die moeilikste vyand om te baklei is die een wat jy groot gemaak het en in jou midde met ope arms ontvang het.

Lena ·

Onskuldige mense is dood! Sommige toeriste. Dis maklik om te se “die Britte”, maar dis mense wat niks gedoen het om dit te verdien nie! Mens kan duidelik sien sommige SAners lewe steeds in hulle klein tonnelvisie wereldje en het niks geleer uit die land se eie geskiedenis…

ken benoni ·

Die Britte leer nou op die harde manier omtrent terreur, het vroeër mos kantore en hulp aan ANC verskap, was maar stil toe die dinge hier gebeur het! Kry vir julle, hoop net nie SA burgers word beseer nie!

Verete ·

Die Britte ken terreur al baie langer as wat jy ooit sal weet of verstaan. Het jy al van die IRA gehoor. Weet jy iets van die 2de wêreld oorlog. Nee jong ons weet nie naastenby soveel van terreur as die Britte nie. Gaan lees maar jou Geskiedenis in bietjie meer diepte.

Brit ·

@KenBenoni, dan leer die boere daar in SA ook seker maar net, julle het 1994 met ope arms verwelkom, so lekker, kry vir julle.

JS ·

Ek veroordeel sulke geweld ten sterkte, maar jy moet byse dat die Britte en ander Europese lande soos Belgie, Duitsland en Frankryk vir eeue hulle kolonies uitgebuit het. Nou is die skoen aan die ander voet. As mens hierdie byvoorbeeld vergelyk met die nagenoeg 28 000 Boere vrouens, kinders en ou mans wat skaars 120 jaar terug in Britse konsentrasie kampe gesterf het, dan sukkel ek regtig om juis simpatie te he met die Britte.

Kiepie ·

Two wrongs doesn’t make a right. Dis so goed as om te sê die plaasaanvalle in SA is nie reg nie maar as mens dink aan die gebeure in die apartheidsjare dan kan mens dit seker verskoon.

gatiep ·

Kleppie die probleem is hulle het tot nou toe nog nie opgehou verkeerd doen nie.Dan gaan kyk jy wie het eintlik apardheid ingebring.

Verete ·

‘n Tereuraanval maak nie saak op wie nie is hartseer. Op die oomblik beweeg die wêreld in ‘n rigting waar elke ou op sy eie perdjie wil klim. Dit kan alleenlik opgelos word as daar saamgewerk word.

Carl Jordaan ·

Dit is juis sulke aanvalle wat maak dat Engeland en die res van Europa, n weersin teen buitelanders van sekere lande ontwikkel. Dit is sulke goed wat help om mense soos Donald Trump, aan bewind te kry. Mense raak keelvol vir ekstamistiese groepe wat hulle grondgebied wil gebruik om n standpunt te kom maak in ander se bloed.

Valie ·

Die Britte was van die oorspronklikes wat terreur veldtog aangevoer het.. GOOGLE Lizzie van Zyl – concentration camp se foto om n skrikwekkende prentjie van hulle werk te kry. Wat was die opblaas van plaashuise, vernietiging van veekuddes en ontvoering van vroue en kinders anders as n terreur veldtog?

ken benoni ·

Varete: Net dalk, mag ander meer weet dan wat u besef. Ek wil my nie tot ‘n in-diepte gesprek hieruit laat nie maar as jy hulp verskaf aan terreur groepe, hetsy vir politieke redes of godsdienstigeredes of gierigheidsredes gaan jy ook later seer kry mens. Ek was dalk redelik naby toe IRA van hul wandade gepleeg het, heelwat dekades gelede!! Ek keur geen geweld of tereur goed nie maar wat jy saai dit maai jy later! Ek beskou die gesprek van my kant af , as afgehandel!!

Jakalas ·

Al waarna dit gaan ly is na nog meer regse opstandings, wat ek dink is dood reg. London is al klaar een van Britania se hoof stede waar die Britte die minderheid geword het. Dis eintlik vir my dan verbasend dat London geteiken is dan.

gatiep ·

Jakkals dis om die regte engelse bang te maak sodat hulle kan padgee uit London en London heeltemal n islam stad te maak met hulle wette en alles.Dit gaan n police state raak met moslem base ens wat alles gaan afdruk op die mense.Die engelse het nie meer n land amper nie.Daar is al klaar n klomp arrias waar die poliesie te bang is om in te gaan orals in Eneland.Ongelooflik om te sien hoe Europa se mense betoog en smeek vir imigrante om in te kom en almal daarteen is rassiste?

Jos ·

So waar WitBlits, die hele europa het vir hulself die probleem geskep en Donald Trump is die enigste leier wat die probleem raaksien en probeer iets doen daaraan maar word deur sy eie land se ekstremiste deur wetgewing teengestaan om iets daaraan te doen.

Verlek ·

Julle verlekker julle self, maar kom buitelandese stemdag dan moet ons stem, nee wat, julle verlekker julself, maar ons moet die plaasmoorde share? Nee wat. Soos Ken se, lekker.

Stephan ·

Wie het die ANC gehuisves in die 60’s/70’s/80’s, terwyl ons Kommunisme beveg het?
Wie het ‘n oopdeur met Islam-vlugtelinge?
Nou gebeur al hierdie aaklige dinge in Europa (België, Frankryk, Swede, Duitsland…en nou Engeland). Waar is hul insig?
Ek het simpatie met die onskuldige beseerdes, maar dis die politici wat die blaam moet dra hier. Hoe dom wil die politici wees.
Trump is die enigste leier met versiendheid en ruggraat.
Dis eintlik reeds te laat vir Europa…

Susan ·

Ek dink ook die skrif is aan die muur vir Europa, maar so ook vir Suid Afrika, of Afrika in die geheel.
Aaklig wat gebeur het, geen land verdien dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.