Hierdie artikel was sommer deel van ons Aprilgek-pret en moet dus tong in die kies gelees word. Klik hier om meer te lees.
Virgin Atlantic het op 1 April aangekondig dat hulle die wêreld se eerste glasbodemvliegtuig gaan bou.
“Ek is opgewonde om aan te kondig dat ons nou die tegnologie het om die wêreld se eerste glasbodemvliegtuig te bou,” het Richard Branson, stigter van die Virgin-groep, gesê. “Hierdie tegnologiese vordering val saam met die begin van Virgin Atlantic Airways se eerste binnelandse diens na Skotland.”
Branson sê hulle het in 1984 met Virgin Atlantic begin. “Ek is ongelooflik trots dat ons weereens ‘n lugredery deurbraak kan doen. Ek kan nie wag om die eerste vlug saam met my familie en ander natuurlike ontdekkers te onderneem nie,” het Branson bygevoeg. “2012 was ‘n jaar wat ons alles van Brittanje gevier het, en ek is opgewonde om aan te kondig dat ons in 2013 hierdie vernuwende gees vir al ons passasiers gaan voortsit. Passasiers sal nou die Britse landskap met ‘n ongeëwenaarde uitkyk van Skotland kan geniet.” Branson hoop dat dié vlugte Skotland se toerisme ‘n hupstoot kan gee.
Amper gevang met storie!
Goeie grap!
Net jammer daar gaan nie plek wees vir die cargo wat gewoonlik onder gestoor word nie.
April Fools!!
Air Zimbabwe is almal een voor – hulle gebruik ‘see-through’ lugsiek-sakkies!
JIG