Die vliegtuig stort op 20 Mei 2015 neer naby Puerto Colombia met meer as 1 ton kokaïen aan boord Foto: Fuerza Aérea Colombiana, Facebook
ʼn Privaat vliegtuig wat meer as ʼn ton kokaïen wou smokkel, het Woensdagoggend in die Karibiese See in die noorde van Colombia neergestort.
Die Hawker-800-vliegtuig het onwettig die Colombese lugruim betree tydens ʼn vlug van Venezuela na Sentraal-Amerika en ʼn vliegtuig van die Colombese lugmag het dit agternagesit.
Die vliegtuig het ʼn seelanding probeer voordat dit naby Puerto Colombia neergestort het, volgens ʼn aanlynberig deur die Colombese vloot.
Die vlieënier se liggaam en die dwelmmiddels is op die vliegtuig aangetref.
-
- Die vliegtuig stort op 20 Mei 2015 neer naby Puerto Colombia met meer as 1 ton kokaïen aan boord Foto: Fuerza Aérea Colombiana, Facebook

arme seediere nou sal ons hulle moet rehabiliteer
Nog nooit gehoor van “Colombese” nie, maar wel van “Colombiaanse”…
Wat ‘n skade . . . Nee, nie die vliegtuig . . .
SO geskied reg sonder om te kommer laat die sulkes weet wat ander se ondergang bewerk. AMEN