Foto’s: Vrou beseer toe dolfyn in boot spring

Foto: OC Sheriff's Department/Twitter

Foto: OC Sheriff’s Department/Twitter

ʼn Gesin van Kalifornië in die VSA se see-uitstappie het ʼn nare nadraai gehad nadat ʼn dolfyn in hulle boot gespring het.

Abc berig Dirk Frickman, sy vrou, Chrissie, en twee kinders het op Vadersdag vir die see-uitstappie gegaan. Dit was ook die egpaar se 18de huweliksherdenking.

Volgens Frickman was daar baie dolfyne om die boot en was hulle besonder spelerig. Die Frickman’s was sowat ʼn kilometer weg van Dana Point-hawe toe ʼn dolfyn in hulle boot spring.

Die dolfyn het teen Chrissie vasgespring en haar omgestamp. Die dolfyn, van nagenoeg 158 kg, het ook glo liggies teen die Frickman’s se dogter geskuur en hul seun net-net gemis.

Volgens Frickman het die dolfyn wild in die boot gespartel en in die proses sy vrou se bene vasgedruk. “Ek het haar gegryp en haar na die kant van die boot getrek om haar weg van die dolfyn te kry.” Die gesin het hulp ontbied en die Orange County Sheriff Department se hawepatrollie het tot hul redding gekom.

Chrissie het albei haar enkels gebreek. Die dolfyn het snyplekke opgedoen en is terug in die water geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

Dankie tog beide dolfyn en mense is klaarblyklik okay. So mal oor die pragtige diere en dit was nou regtigwaar net ‘n ongeluk.

Dave ·

Natuurlik George…….. waste goete dryf hier ond! Kom ons gaan kyk! Maar hulle is yslik groot!!!

Akram ·

Genugtig. Die mense was gelukkig. ek hoop nou nie dat daar teen die dolfyn te velde getrek gaan word en hy doodgemaak moet word nie.

Dave ·

Gelukkig nie Akram… waar sal hulle hom nou kry en hòe sal hy herken word! Onthou net een ding, daai mense met die boot was in die dolfyn se stad – hy hettie oppie strand gepeuter!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.