Foto’s: VSA na die stembus

Pres. Donald Trump (links) (Foto: (AP Photo/Steve Helber); Joe Biden (regs) (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Amerikaners, sommige met gesigsmaskers, ander nié, staan al van vroegoggend in al 52 deelstate van die VSA in die tou om te stem vir hul volgende president.

Meer as 97 miljoen Amerikaners het hulle teen Dinsdag reeds na die stemlokale gewend waar pres. Donald Trump van die Republikeinse Party en die Demokratiese Party se presidentskandidaat, Joe Biden, mekaar die stryd aansê. Dié stemme verteenwoordig reeds meer as 40% van die geregistreerde kiesers landwyd.

Volgens ʼn projek aan die Universiteit van Florida wat die verkiesing monitor is die getal kiesers wat reeds hulle stemme uitgebring het byna 70% van die getal totale stemme wat in die 2016-verkiesing uitgebring is. Kenners voorspel dat soveel as 160 miljoen stemme uitgebring kan word, veel meer as die 138 miljoen van vier jaar gelede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stof ·

Deur dekades al, is bewys dat Donald en Mickey Amerika se mees geliefde karakters is. Dit sal egter egter hartseer wees as hulle uitgestem word, veral noudat hulle die voorreg het om Donald en Mickey ook in die Withuis te kan he en te kan behou. Dink nou net daaraan: Joe Jackall sal nooit so goed op die oor val soos Donald Duck en Mickey Mouse nie.

Is jy seker? ·

Dis so goed jy vra dat ons ‘n 2’de Covid full-lockdown kan kry.

katerinadiekat ·

Wil jy he die Amerikaners moet liewer stem vir Biden, n seniele ou man met n voorliefde vir klein dogtertjies?

Andre ·

Ons staan agter Trump.Alle voorspoed en ons hoop die amerikaners stem reg.

Gert Johannes ·

Trump is die enigste leier ter wêreld wat bely, ” I only bow to God Almighty” en hy word altyd sleg voorgestel deur die massa liberale media, kyk maar na vanoggend se foto geplaas en Biden die NWO man is bedeesd en netjies. As sy standpttunt nog dieselfde is as 1986, wag daar vir ons groot probleme. God behoed ons.

Andre ·

As die Amerikaners nog nie self gesien het wat die demoonkrate doen nie moet hulle maar vir Trump uitstem en vat wat hulle kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.