Foto’s: Vyf sterf in Aus-vliegongeluk

Foto: @JulieKorner/Twitter

Foto: @JulieKorner/Twitter

Vyf mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig wat vir valskermspring gebruik word in ʼn vliegveld in die ooste van Australië neergestort het.

Michael Brady, ʼn polisiewoordvoerder van Queensland, het aan Sky News gesê die vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het in ʼn vliegveld sowat 50km noord van Brisbane neergestort en in vlamme uitgebars. Die vlieënier en vier valskermspringers is in die ongeluk dood. Brady sê twee van die oorledenes was valskermspringinstrukteurs. Hy kon nie berigte dat die oorledenes se familielede gesien het hoe die vliegtuig geval het, bevestig nie. Forensiese deskundiges is op die toneel maar daar was nie onmiddellik kommentaar oor die moontlike oorsaak vir die ongeluk nie.

Die foto’s is deur @JulieKorner op Twitter gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.