Foto’s: Weerwraak ná egskeiding – hier is jou helfte (letterlik!)

Foto: eBay

Foto: eBay

ʼn Ontstoke Duitser het besluit om die besittings wat aan hom en sy eksvrou behoort, letterlik in die helfte te deel en sy gedeelte op eBay te verkoop.

Die paartjie was 12 jaar lank saam voordat hulle paadjies geskei het.

Die gebruiker, Der Juli, het ook ʼn video waar hy die items in die helfte sny, op YouTube gelaai (sien die video onderaan die berig). Hy sny onder andere ʼn stoel, iPhone 5, Samsung-televisiestel en ʼn Opel Corsa in die helfte.

Hy verkoop die verskillende produkte op eBay, elk met ʼn spesiale storie:

Halwe teddiebeer: €51 (R700): “Sy het nie ʼn opgestopte diertjie nodig om knus mee te lê nie, daar is talle liefdevolle kollegas wat daarmee kan help.”

Halwe posbus: €40.50 (R560): “Die posbus het jare lank teen ons huis gehang totdat my vrou in my eksvrou verander het en allerhande onaangename pakkies hier opgedaag het.”

Halwe motorfietsvalhelm: €34.50 (R477): “My eksvrou het gedink sy kan in ons egskeiding die groter deel van ons besittings kry. Sy was nog nooit op ʼn motorfiets nie.”

Halwe iPhone 5: €78 (R1 077): “Ek het goedgunstiglik vir haar die helfte van alles gelos. Selfs my geliefde selfoon. Nou kan sy nie meer in die geheim WhatsApp-hartjies aan ʼn jonger manlike kollega stuur nie. Sy het dit in elk geval nie nodig nie, aangesien sy nou saam met een bly.”

Halwe Opel Corsa: €62 (R850): “My eksvrou wou die helfte van al ons besittings gehad het, insluitend ons geliefde klein motortjie. Alhoewel dit nie heeltemal duidelik is vir my waarom sy die skedonkie wil hê nie. Ek hoor haar nuwe kêrel het ʼn indrukwekkende ryding.”

Hy sluit die video af met die woorde: Sterkte aan my opvolger.

 


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alki ·

Hel has no fury ne, ai maar die man is boos, wonder of hy nou beter voel hehe

snip ·

Ek het alle simpatie met die arme man. Hoop iemand lafs koop sy helfde van die goedjies.

Marnus Coetzee ·

Mooi man! Dit bring weer ‘n slag die effek van egskeiding terug op ‘n werklike, praktiese manier. Vrouens deesdae glo hulle kan hardekwas wees tydens die huwelik én steeds agterna wegstap met alles.

Tania ·

Dit is ongelukkig nie net vrouens wat so dink nie Marnus Coetzee!!

Theresa ·

Sy kan bly wees hy het haar nie ook in die helfte gesny nie. As sy in SA gebly het was sy nou sekerlik in die helfte. Hier kan mense mos nie net omdraai en aanbeweeg as dinge nie uitwerk nie. Hulle moet tot die uiterste gaan ……… Grote griet !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.