Foto’s: Wêreld se duurste hamburger

Foto: Groupon/Honky Tonk

Foto: Groupon/Honky Tonk

Die wêreld se duurste hamburger word by die Honky Tonk-restaurant in Chelsea, Londen verkoop en gaan jou sowat £1 100 (nagenoeg R20 000) uit die sak jaag.

Die sogenaamde ‘Glamburger’ is deur RecordSetter verklaar as die wêreld se duurste hamburger. Die restaurant het besluit om dié gebeurtenis te vier deur ʼn kompetisie van stapel te stuur op die groep-afslagaankoper Groupon. Die wenner sal later die maand aangewys word en sal die geleentheid kry om verniet aan ʼn ‘Glamburger’ te gaan smul by Honky Tonk.

Die bestanddele wat benodig word vir die 'Glamburger'. Foto: Groupon/Honky Tonk

Die bestanddele wat benodig word vir die ‘Glamburger’. Foto: Groupon/Honky Tonk

Die ‘Glamburger’ se biefstuk word gemaak van 220g Kobe Wagyu-bief wat saam met 60g Nieu-Seelandse-wildsvleis fyngemaal word en ʼn swart knolswam (truffle) brie word bygevoeg vir ʼn sappige kern sodra die vleis gaar is. Die hamburger-biefstuk word dan met Himalaja-sout gegeur en word bedien met kreef wat van Kanada af kom. Bo-op die kreef is daar spek wat in esdoringstroop gebraai is, Beluga-kaviaar en gerookte eendeier bedek met ʼn eetbare goue blaar.

Die broodrolletjie word gegeur met Japanese matcha (fyngemaakte groentee) en romerige mayonnaise en word ook bedek met ʼn goue blaar. Dit word afgerond met ʼn veselperske en vonkelwyn-jus en gerasperde wit knolswam.

Vir meer inligting klik hier.

Sjef Chris Large is die meesterbrein agter die 'Glamburger'. Foto: Groupon/Honky Tonk

Sjef Chris Large is die meesterbrein agter die ‘Glamburger’. Foto: Groupon/Honky Tonk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.