Die wêreld se eerste lug-swembad word volgende maand in Londen oopgestel.
Die sogenaamde “Sky Pool” verbind twee woonstelblokke by die Embassy Gardens-ontwikkeling in Londen se Nine Elms-distrik.
Die deursigtige akrielswembad is 25 meter lank, vyf meter breed en drie meter diep en hang 35 meter bokant die grond in die lug.
Die swembad het ʼn kapasiteit van 148 000 liter water en die amptelike inhuldiging vind op 19 Mei plaas.
Inwoners van die residensiële ontwikkeling sal die swembad gratis kan gebruik om tussen die twee woonstelblokke te swem.
Die swembad is in Colorado in die VSA vervaardig voordat dit na Texas vervoer en toe per skip oor die Atlantiese Oseaan na Londen vervoer is.
- (Foto: Justin TALLIS/AFP)
- (Foto: Justin TALLIS/AFP)
- (Foto: Justin TALLIS/AFP)
- (Foto: Justin TALLIS/AFP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Gelukkig as hy breuk swem jy af
Daar is Skinnydip ook daarmee heen.
Nee gross ek is dood
Ai die mensdom is verveeld :)
Hoop die is aardbewing bestand!!!