[Foto’s] Wêreld se hoogste brug geopen

Foto: Pu Chao/Xinhua via AP

Foto: Pu Chao/Xinhua via AP

Die wêreld se hoogste brug is vir verkeer geopen in China se suidwestelike Guizhou-provinsie.

Die Beipanjiang-brug is 565 m, of sowat 200 verdiepings, hoog en net meer as 1,3 km lank. Die konstruksie van die brug het in 2013 begin, nadat China se departement van vervoer die projek goedgekeur het.

Die konstruksiekoste het volgens berigte sowat 1 miljard Chinese yuan beloop. Die Beipanjiang-brug verbind die Guizhou- en Yunnan-provinsies en sal reistyd tussen die provinsies verminder met sowat vier uur.

China spog ook met die wêreld se hoogste glasbrug. Dié brug is 430 m lank, 6 m wyd en geplavei met 99 deursigtige drielaag-glaspanele. Die brug hang sowat 300 m bo die grond tussen twee kranse. Dit is in die skilderagtige Grand Canyon-streek in Zhangjiajie, ʼn gebied wat ook op Unesco se wêrelderfenisgebiede gelys word. Die gebied was ook die inspirasie vir die fliek Avatar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Opmeter ·

Ek sien dat ook die hoogste spoorwegbrug (275m) ook oor hierdie rivier gebou is. Met hedendaagse toerusting, kundigheid en rekenaars is daar skynbaar geen probleem wat letterlik oorbrug kan word. Neem ook in ag dat baie veiliger werksmetodes in plek is. Mens kan net jou hoed afhaal in bewondering vir hierdie ouens EN VROUMENSE. Ja, dames staan nie meer eenkant en toekyk.
Terloops die spelling is ‘Beipanjiang’ en nie ‘Bepanjiang’ (3e par.)

Landi Slatter ·

Dagsê Opmeter

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Chris ·

Ek vergaap my gewoonlik aan sulke bouprojekte. Dit is nogal vertommend wat die mens alles kan doen. Die pad/brug wat in Europa gebou is wat as ek dit reg het Denemarke en Swede verbind is ook indrukwekkend. Hier is Durban is daar ook twee paaie projekte wat nou nie so indrukwekkend is nie, maar tog prysenswaardig. Ek dink ons ingeneurs hoef glad nie minderwaardig te voel nie.

Johann Marx ·

Juliass gaan nou soontoe vlieg om die kontrakteurs se hand te skud, en dan gaan hy terugkom en ‘n tender insit om so brug tussen Tshwanetoria en Bobbejaansburg te bou….om die tolhek-dilemma op te los. Hulle sal geld leen by die IMF, om die lening terug te betaal wat hulle by die pensioenfonds gemaak het, om die lening terug te betaal wat hulle by Zim gemaak het, om die lening terug te betaal wat hulle by China gemaak het, om die lening terug te betaal wat hulle by die Brics-lande gemaak het, om die lening terug te betaal wat hulle by die zuptas gemaak het….en dan skuld niemand iemand niks nie, want #feeswillfall….

Celia ·

Lekker om n slag iets goeds te lees van wat die mens kan regkry. Dankie Maroela.

Brugge ·

Sal nie hier gebeur nie want die regerende party sal vra “waarom brug bou?…ons kan mos na die ander kant toe vlieg met luukse stralers!…en die gewone mense kan mos bobjaantoue gebruik om oor te kom!”

Koos1 ·

En hoe lank voordat iemand daar afspring? Met of sonder tou of valskerm?

Ek sal nie omgee om die in lewende lywe te sien nie, baie indrukwekkend! Die nou die brug en nie die mense wat daar gaan spring nie.

Johannes Meintjes ·

Die mens se skeppende en brugbou vermoe, onder ander skeppende vorme, inspireer my altyd. Maar tog kry ons nie brugge gebou tussen kulture en groepe in konflik nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.