[Foto’s] Wêreld se hoogste glasbrug tydelik gesluit

Die brug in China se Hunan-provinsie. Foto: Xinhua/Long Hongtao

Die brug in China se Hunan-provinsie. Foto: Xinhua/Long Hongtao

Die wêreld se langste en hoogste glasbrug in China se Hunan-provinsie is tydelik gesluit.

Dit volg ná ʼn reusetoename in toeriste na die brug sedert dit op 20 Augustus vir die publiek oopgestel is.

Volgens die bestuurskomitee van die brug word ʼn “interne sisteem-opgradering” gedoen tydens die geslote tydperk. Dié brug het al 10 wêreldrekords opgestel vir sy lengte en ontwerp.

Aanvanklik is die getal toeriste tot 8 000 per dag beperk, maar tot 10 000 toeriste het daagliks opgedaag.

Sosialemedia-gebruikers het intussen die brug se veiligheid bevraagteken ná die besluit om die brug tydelik te sluit, maar die bestuurskomitee hou vol dit is as gevolg van “sagte- en hardewareprobleme” wat veroorsaak is deur die hoë volume toeriste.

Hulle het bygevoeg dat die brug nie heropen sal word voordat dit nie deur ʼn amptelike goedkeuringsproses gegaan het nie.

Die brug is 430 m lank, 6 m wyd en geplavei met 99 deursigtige drielaag-glaspanele. Die brug hang sowat 300 m bo die grond tussen twee klowe.

Die brug is in die skilderagtige Grand Canyon-streek in Zhangjiajie – ʼn gebied wat ook op Unesco se wêrelderfenisgebiede gelys word. Die gebied is ook as inspirasie in die fliek Avatar gebruik.

Dit kos sowat R307 om die brug te besoek. Geen besittings buiten beursies en selfone met omhulsels word toegelaat nie.

Toeriste mag ook nie handskoene dra nie en moet die brug oorsteek sonder die hulp van die relings aan die kante.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MM ·

Nee wat lekker stap jy sien my nie daar oor loop nie ook nie eers kruip nie.

Anton ·

Stem 100% saam met jou. Men’s kan amper niks vertrou wat daar aanmekaar geplak word nie. ?

Kiepie ·

Nee wat, hulle kan hom maar gesluit hou. Jy kry my nie dood op daai brug nie.

Niel ·

Hulle bedoel seker die brug hang 300m bo die grond tussen twee kranse eerder as klowe. Maar met die Chings weet mens nooit wat hulle nog sal vermag nie.

KarooKlong ·

Ek is domwaaghalsig en sal die tog aanpak maar ek dink tog die brug sal kol kol nie deursigtig wees nie.

Anton ·

Dink ek weet wat jy bedoel Karooklong ? Ek dink Ek Sal weer binne die eerste 10 meter maak dat die brug nie deursigtig sal wees nie. ?

Dirk ·

Ek sal dit baie graag wil oorstap, maar dan moet hulle my kamera ook toelaat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.