Foto’s: Wêreld se hoogste sjokoladefontein onthul

(Foto: Lindt & Sprüngli/KEYSTONE/Alexandra Wey)

Die Switserse sjokoladevervaardiger Lindt het die wêreld se hoogste sjokoladefontein onthul.

Lindt se splinternuwe “Home of Chocolate” in Kilchberg naby Zürich sluit onder meer ʼn interaktiewe museum, ʼn navorsingsaanleg, ʼn produksiebaan wat deur lede van die publiek besigtig kan word en ʼn nege meter hoë sjokoladefontein in.

Die fontein is ʼn reusagtige goue klitser wat lyk of dit in die lug hang terwyl sjokolade afstroom om ʼn Lindor-sjokoladebal te vorm.

Dit het 36 maande geduur om die “Home of Chocolate” te bou. Die wêreld se grootste Lindt-sjokoladewinkel word ook hier gehuisves.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kremetart ·

Hmmm lekker. Wonder net met corona in die lug… mag mens van die sjokolade fontein se sjokolade eet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.