Foto’s: Wêreld se lelikste brak aangewys

Zsa Zsa, die Engelse bulhond wat aan Megan Brainard behoort (Foto: AP Photo/Jeff Chiu)

Zsa Zsa, ʼn negejarige Engelse bulhond, is as 2018 se lelikste hond te wêreld aangewys. Die kompetisie het Saterdagaand in San Francisco plaasgevind.

Die hond se eienaar, Megan Brainard van Anoka, Minnesota, ontvang $1 500 kontant as prys.

Volgens inligting op die kompetisie se webwerf het Megan haar Zsa Zsa op ʼn troeteldierwebwerf gevind.

Persone wat jaarliks hul honde vir dié kompetisie inskryf spog met die brakke se “onvolmaakthede” – sommige het nie ʼn pels nie, ander het tonge wat uithang … Die honde en hul eienaars stap op ʼn rooitapyt sodat die beoordelaars hulle in hul volle glorie kan aanskou.

Dit is al die 30ste jaar wat dié kompetisie aangebied word.

Martha, ʼn Neopolitaanse Mastiff wat 57 kg weeg, het verlede jaar met die eerste prys weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

humor ·

Mm julle kan gerus my kommentaar plaas. Ek praat uit die mond van vele veeartse. Hierdie proses van inteling word niks anders as dieremishandeling beskou nie.

sig ·

ai die arme woef. ek stem 100% saam Humor dis ingteling bo op inteling. mens kan mos sien dis nie reg nie. Ek hou nie van die mensdom nie. Breek en misbruik als in hul pad met die diere.

Hanna Hoekom ·

“Fugly” dalk n meer gepaste naam vir daardie brak! A face only a mother could love…

miekie ·

Shame , hy is mooi van lelikgeid. Hoe moet hy nou voel hy het ook ‘n binneste

Gustav ·

Sy is nou nie die mooiste hond nie, maar die prys geld is seker nie te versmaai nie. Al wat ‘n hond vra is kos en baie liefde

Hennie ·

Zsa Zsa was nie verantwoordelik vir haar eie geboorte en voorkoms nie. Honde is kreature wat onvoorwaaredelik liefhet wat hulle skoonheid beklemtoon. Om haar as die lelikste hond in die wereld te kroon is om haar op onwaardige wyse te “beloon” en die eienaar stap met $1 500 weg, wat ‘n siek grap! Het die Amerikaners niks beter om te doen nie? Selfs hulle grootste uitvoer produk (flieks) beklemtoon hulle geweld en fulgariteit, hoop Trump gaan iets doen aan sy nasie se moraal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.