Foto’s: William en Kate wys hul prinsie

Prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, buite die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen met hul nuwe baba (23 April 2018). Foto: Twitter via @RoyalFamily

Net ure ná die geboorte van prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, se derde pienkvoet, het die koninklike egpaar die splinternuwe toevoeging tot hul gesin aan die wêreld gewys.

Verslaggewers het Maandag ure lank in afwagting buite die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen saamgedrom waar Kate lewe geskenk het aan ʼn babaseun. Die Kensington-paleis het op sy Twitter-profiel aangekondig die babaseun weeg ongeveer 3,9 kg en is omstreeks 11:00 (Britse tyd) gebore.

Die paleis het Maandagaand foto’s op Twitter gedeel van die trotse ouers wat die hospitaal met hul nuwe bondeltjie verlaat. Kate kon soos gewoonlik deur ʼn ring getrek word in ʼn stylvolle rooi rok en het breed geglimlag met die nuwe baba in haar arms.

“Die koninklike hooghede het al die personeel by die hospitaal bedank vir die sorg en behandeling wat hulle ontvang het, asook lede van die publiek vir hul hartlike gelukwensinge,” het die paleis getwiet.

Die naam van die seuntjie is nog nie bekendgemaak nie. Volgens berigte het verslaggewers William gevra of hy al die naam van die nuwe prins kan verklap waarop hy geantwoord het: “Julle sal binnekort te wete kom.”

Prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, buite die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen met hul nuwe baba (23 April 2018). Foto: Twitter via @RoyalFamily

Daar is Maandag in ooreenstemming met koninklike tradisie ʼn geraamde kennisgewing van die nuwe prins se geboorte op ʼn esel in die binnehof van die Buckingham-paleis geplaas en dié kennisgewing sal vir 24 uur besigtig kan word. Daar het reeds Maandag skares mense buite die paleis saamgedrom om foto’s van die kennisgewing te neem.

Daarby is die Britse nasionale vlag ook seremonieel bo Buckingham-paleis gehys om die geboorte van die seuntjie aan te kondig.

Kate en William het ook twee ouer kinders, prins George en prinses Charlotte. George is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal gebore en Charlotte het op 2 Mei 2015 in dieselfde hospitaal haar verskyning gemaak.

William het Maandagmiddag vir prins George en prinses Charlotte na die hospitaal gebring om hul nuwe bababoetie te ontmoet, voor die kinders weer teruggeneem is na die paleis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Geluk ·

Wat het hulle gewys? ‘ n HELSE KOMBERS?? Daar is niks om te sien nie, maar geluk aan die paartjie . moet NET nie dink ons Suid AFrikaners is nou al so onnosel dat ‘n foto van ‘n paartjie met ‘n styf toegedraaide babatjie nou ‘n (wys die nuwe prinsie nie) is nie!

Alida ·

Wonderlike nuus en ‘n wonderlike paartjie. Die babatjie is pasgebore en kan nie in die ope lug ontbloot word nie. Genade tog.

Hannatjie ·

Hier is mense in ons land wat net gedurig negatiewe kommentaar lewer. Ek wonder hoe slaap hulle? Kinders van die Here behoort vriendelik en opgeruimd te wees.

rollie ·

Absoluut. Kla oor alles en nie dankbaar vir enigiets nie. Red nou ‘n nasie met so ‘n negatiewe klomp.

Gemaskerde Sopbeen ·

So helse bohaai oor niks? ONS pre(n)z het 23 kinders!!! As hy vir elkeen moes “pose” sou hy nie tyd gehad het om so paar beeste, en ‘n paar miljard Rand te laat kanaliseer nie!! Wat se ge-“pose” is dit anyway?

Iig ·

Ek verstaan ook nie die beheptgeid met die Engelse royalty nie.Myns insiens is dit nou geensins nuuswaardig nie,inteendeel hoe minder ek van hulle lees hoe beter.

VanAfrika ·

die verskil is hy het nie klas en royalty nie, kan nie eens sy nuwe skoene agterna gooi, hy sal nooit hierdie kaliber bereik nie

Hanna ·

ABSOLUUT WONDERLIK!!! Kate is ‘n pragtige ma en William is baie trotse pa. Hulle maak so mooi prentjie en is ooglopend gelukkig en lief vir mekaar en natuurlik hul kroos. EK GLO DIANA GLIMLAG UIT DIE HEMEL

Nettie ·

Hoe de ongeluk kry die vrou dit reg om enkele ure na sy gekraam het (natuurlik?) soos – wel – ‘n feë prinses te lyk???

Die meeste van “the rest of us” is nog geswel, moeg, tranerig, opgeblaas, hare deurmekaar, seer, maar sy lyk asof sy ‘n ‘stappie deur die park’ gehad het.

thea ·

onthou net sy het 20 mense wat in die hospital na haar om gesien het. sy doen nie self hare en grimering nie, stoombaddens etc, net die beste. en sy staan nie in die nag op nie.

te kostelik ·

Kyk net hoe kostelik waai Charlotte, sy gaan net sulke sprankelinde persoonlikheid he soos haar ma.

Penelope ·

Baie geluk aan William en Kate. Hulle is pragtig en plat op die aarde, en hulle is ‘n voorbeeld van menslikheid vir die res van die Koninklike gesin. Dis lekker om oor hulle te lees. Altyd vriendelik….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.