Foto’s: Zim-rugbyspan ‘gedwing om op straat te slaap’

Foto: Facebook via David Coltart.

Tunisiese owerhede loop onder kritiek deur nadat foto’s aan die lig gekom het van die Zimbabwiese rugbyspan wat in Tunis op straat slaap saam met hul afrigter Peter de Villiers, die voormalige Springbokafrigter.

Die voorval het glo Maandag plaasgevind toe die span op pad huis toe was vanaf Kenia.

David Coltart, voormalige minister van sport in Zimbabwe, het gesê die spelers is gedwing om op straat te slaap aangesien die verblyf wat aan hulle verskaf is “walglik” was. Dit kom voor asof dié drastiese stap uit protes gedoen is.

“By hul aankoms is hulle vir ses uur by die grens opgehou, owerhede het hul paspoorte weggeneem en aangevoer hulle moet €600 betaal vir visums. Hulle kan dit nie betaal nie, want hulle het nie die geld nie. Meeste spanlede het maar twee uur slaap ingekry gisteraand.”

Coltart beweer die Zimbabwiese rugby-unie het tot op hede niks aan die situasie gedoen nie. “Komaan, Zimbabwe. Hoe kan ons toelaat dat ons nasionale span, ons vlagdraers, so behandel word?”

Coltart het ook gevra of Kazembe Kazembe, die huidige minister van sport, iets aan die situasie gaan doen.

Sosialemediagebruikers het ook uitgevaar en onder meer gesê die voorval is “absoluut walglik”. Een gebruiker het geskryf dit is “uiters vernederend” vir die spelers.

“Dit is tyd om ons nasionale trots te herstel,” het dié gebruiker bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ella ·

Hahaha kry vir julle. Landbou en talle dinge is vernietig in julle land so die geld is ook op.
Slim vang sy baas vroeer of later al tref dit die wat nie betrokke was.

Elize ·

Ha ha…dis waar vir n slag kan ou Jan nie die skuld kry nie.

GM ·

Ag asseblief, as hy hulle ALLEEN daar laat slaap het, was dit nou iets om oor gal te braak, maar hy het saam met hulle die ongerief verduur as ek die berig reg verstaan. Ek glo hulle het ‘n keuse gehad of hul aan die ‘protes’ wil deelneem of nie. Maar ek sou graag wou sien hoe die ‘walglike’ verblyf lyk?

snoedie ·

jong as ek reg lees, het ou snorre saam met hulle daar geslaap. het so iets ooit in apartheid SA gebeur?

Hanlie Geyser ·

Dis nou Afrika. Wat verwag julle van Zimbabwe. Ek kry die spelers baie jammer.

Whaaaaaaaaaaaaaaaaaa ·

Lag my alie af .. dit is nou so tipies .. weer DEMAND en hulleself toe op STRAAT bevind .wonder nou net of die hotel soveel WALGLIKER as die STRAAT WAS? PROTES?? dit is nou maar net een ding . die mense van Afrika kan nie net stil stil in ‘n ander hotel inboek nie .NEE hulle moet ‘n statement maak .. Hulle moet hulle eintlik uit die land uitsit.

KoosGrapJas ·

Die minister self het 10 biljoen Zimbabwiese dollar geskenk sodat hulle beter verblyf kan kry.

Mike Stander ·

En wat dink jy moet hulle met daardie $12 -00 vermag…?

leser ·

aaaaaaggghh shame, de villiers hoe voel dit om op straat te slaap, dis nie kaapstad nie

kobus ·

As dit in suid afrika gebeur het was dit weer rassisties gewees.die wit mense se skuld

DS ·

Julle kommentaar is pateties. Daar is wit spelers OOK in daai span. Julle rassistiese opmerkings is ongevraagd! Dit is hoekom ons is waar ons is want ons Afrikaners het geen empatie of simpatie meer met mekaar nie dis net kom ons raak ontslae van die rasse-haat met vieslike kommentaar sonder enige gevoel. Nie alle swartes is sleg nie net soos alle wittes nie goed is nie.

Adam ·

Ek moet darem vir hulle opkom Geen klippe is in die pad gegooi nie Geen bande is gebrand of motors beskadig en vullis dromme is gelos waar dit hoort Heel ordentlik die klomp

Ella ·

@ DS jy sien dit duidelik op die fotos.
Die situasie is nie hul maaksel nie maar hulle ly almal onder hul regering se wanbestuur en korrupsie en dit kring wyd uit tot by sportspanne en hulle verdien nie om so behandel te word.
Hulle verteenwoordig hulle land, talle kere soos hier, op eie koste. Ek kry hulle jammer in n vreemde land en dan moet hulle op straat slaap.
Moet asb nie rassisme in alles sien.

jaco ·

Die berig se baie duidelik dat hulle op pad huis toe is. Speel rugby in Kenia en gaan dan via Tunisië huis toe. Iewers maak iets nie sin nie. Waarom eers 2 keer verder as wat Zimbabwe van Kenia is weggaan Tunisië toe en dan eers Zimbabwe toe gaan?

Piet ·

Not the players fault for Zim’s mistakes is it? These are after all people that is good enough to represent their country. Shame on people enjoying seeing other’s trying their best to better themselves with the cards they’ve been dealt….the wheel turns….do save your posts!

Sarel ·

Dit is die ou wat teen SA gal gebraak het met sy aanstelling. Verstaan nie paar dinge nie. 1) Hoekom Kenia-Tunisie-Zimbabwe. Hoekom nie direk huis toe nie.2) Wie was verantwoordelik vir akkomodasie besprekings Zimbabwe of Tunisie. Het.hulle nie dalk die goedkoopste gesoek wat beskikbaar was en hulle toe vasgeloop nie. Ou Snorrre moet maar.verduidelik.

Sarel ·

Was dit in SA was hulle vzn al hulle besittings beroof. Hulle sou nie ‘n nag in die strate oorleef het nie.

Tc ·

Laat my dink aan die 80tigs se meelbom toer van Bokke in NZ,hulle mos ook so sleg behandel en klubhuise en koshuise geslaap,maar nou ja!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.