Foto’s: Zim se president haas hom terug in weelde

Die Boeing 787 Dreamliner waarmee Zimbabwe se president rondvlieg, word as ’n vyfsterhotel met vlerke beskryf. Foto: Facebook

Zimbabwe se president het sy besoek aan Europa kortgeknip om na sy land wat deur gewelddadige betogings geteister word terug te keer.

Pres. Emmerson Mnangagwa het Sondagmiddag getwiet: “In die lig van die ekonomiese situasie sal ek terugkeer ná ʼn hoogs produktiewe week van bilaterale handels- en beleggingsontmoetings.

“Ons sal bekwaam by Davos verteenwoordig word deur die minister van finansies, Mthuli Ncube. Die top-prioriteit is om Zimbabwe weer rustig, bestendig en aan die werk te kry.”

Veertig passasiers kan in weelde met die Boeing 787 Dreamliner vlieg. Foto: Facebook

Suid-Afrika se amptelike opposisie het Sondag gedreig om die Internasionale Strafhof te nader om ʼn voorlopige ondersoek na menseregteskendings in Zimbabwe te oorweeg, berig African News Agency.

Die DA het pres. Cyril Ramaphosa gemaan om sy “Stille Diplomasie 2.0” jeens die buurland te heroorweeg en regstreeks in te gryp “om die voortdurende menseregteskendings deur pres. Emmerson Mnangagwa se regering te keer”, het Stevens Mokgalapa, DA-woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Net die allerduurste kristalware, silwer en porselein is goed genoeg. Foto: Facebook

“As Ramaphosa nie ingryp en Mnangagwa aanraai om militêre optrede teen burgerlikes te stop nie, sal al uitweg vir die DA wees om die Internasionale Strafhof te nader om hierdie oortredings, soos omskryf in die Rome-statuut, voorlopig te ondersoek.

Die DA glo vas die huidige menseregtekrisis in Zimbabwe is ernstig genoeg om ʼn ondersoek deur dié hof te regverdig aangesien minstens 12 mense om die lewe gebring is, 78 geskiet is en 240 “aangerand, gemartel en onmenslik of vernederend behandel is”, volgens die Zimbabwe Human Rights NGO Forum.

Intussen het dit aan die lig gekom net die parkeerkoste van die Boeing 787 Dreamliner wat Mnangagwa gehuur het om verlede Sondag na Moskou te vlieg om pres. Wladimir Poetin te vra om Zimbabwe uit sy ekonomiese verknorsing te help, het R13,6 miljoen beloop.

Die Boeing 787 Dreamliner word beskryf as ʼn vyfsterhotel met vlerke wat 40 passasiers in weelde kan vervoer. Net die duurste kristalware, silwer en porselein word aan boord gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

ES ·

Hy is net so erg soos Mugabe, indien nie erger nie. Sy land se mense kripeer en hy vlieg in weelde rond… Die hele Afrika is korrup… hier moet ons wegkom want dit gaan net erger word.

AC ·

Dis korrek, die mense kripeer, die hoogstes lewe in weelde, Afrika het n korrupte kultuur, maar ons moet nie hier wegkom nie, ons moet saamstaan in geregtigheid, opstaan teen die korrup. Ons het n pragtige land, ons moet by die Here bly, en op Hom vertrou

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat’s fout met julle mense? Die Alpha Male sit ALTYD op die hoogste tak…….??

Paul ·

En dis nou ‘n land wat bankrot is. Daar is nie voldoende voedsel op rakke en petrol vir normale gebruik nie.
Jy kry waarvoor jy gestem het, dis net jammer almal gaan weer deur die “oop” grense na SA stroom en hulle bose dade hier voortsit.

Hein ·

D A kan die internationale strafhof nader vir Zimbabwe maar nie vir die volksmoord in SUID-AFRIKA nie. Wys jou net

HPV ·

Hein jy is reg, hulle is in elk geval net ‘n groot geraas en diekeer heeltemal uit hul plek.

Gert ·

Die DA maak ook net so bietjie lawaai en verder niks, seker maar benoude spronge hier voor die verkiesing!!

bgj van der westhuizen ·

da maak n lawaai oor 12 mense gedood is n ander land maar daar is baie meer plaas moorde en daar oor se hulle niks da kan hulle ook nie ment n dier naam vergelyk nie wand dit sal die dier beledig

D ·

En sy mense krepeer. Vlug na RSA en plaas druk op die land om te oorleef.

Jef ·

Onlangs het n hoe geplaaste politieke figuur in Kinshasa by die internasionale geregshof terreg gestaan en daar was genoeg getuie en verklarings voorgele.
Einde van die storie was dat die persoon vrygelaat is omdat die klagte teen hom nie daadwerklik bewys kon word nie.
Afrika presidente kom weg met alles.

Koos de Meyer. ·

Tipies Afrika, sy mense krepeer en hy vlieg in weelde rond. Hulle weet om geld te mors. Skryf maar ‘n tjek, papier is geduldig.

At Dippenaar ·

Marie-Antoinette het destyds kort voor haar kop gewaai het mos gesê: “As daar nie brood is nie, gee vir hulle koek om te eet.”

Jerry ·

Die arme mense van zimbabwe moes verskriklike sondes gepleeg het om so genadeloos met sulke ellendes gestraf te word. Dit hou nou al vir drie dekades aan en nog is dit einde niet!Hulle sal moet gaan kyk na wat hulle so erg verkeerd gedoen het en dit baie vinnig probeer regstel, anders voorsien ek dat zimbabwiers se ellende hulself gedurende die vierde dekade, totaal en al en sommer heeltemal, kan vernietig! Dit lyk tans asof hierdie ellende van zimbabwe baie stadig, maar Virseker, besig is om ook oor te spoel na SA. n Mens kan nou maar regtig nie anders as om te wonder wat dan nou ook vir SA sou voorle, sou dit wel die geval wees. Om eerlik te wees, zimbabwe het hard geval en daarom reken ek dat indien SA ook sou volg en val, die val oor n baie wyer front, baie harder en baie erger behoort te wees!

Hanna Hoekom ·

Kyk, as brandstof nou teen R45 per liter in Zim verkoop word, dink net wat dit moet kos om hierdie vliegtuig in die lug te hou… Nou ja, as dit nie middelvinger-wys vir die res v Zimbabwe is nie, dan weet ek nie.

Sanet ·

jaaa,hy vlieg TERUG in weelde…na sý land, waar álmal húl EIE grond en land bekom hét en nogsteeds omkom van die honger…sál dié mense, nou nooit leer nie…nooit ooit wysword nie??

Sanet ·

jaaa,hy vlieg TERUG in weelde…na sý land, waar álmal húl EIE grond en land bekom hét en nogsteeds omkom van die honger…sál dié mense, nou nooit leer nie…nooit ooit wysword nie??
AFRIKA…OOO AFRIKA

Lizbé Esterhuizen ·

En daar gaan staan hulle al weer met hoed in die hand en bedel by die Russe. Slim mense wat hard gewerk het vir hul geld.

Snoefie ·

Pleks van bepaal die da en anc hulle by die menseregte skendings in good ole Souf Êfrikah. Kyk na al die plaas aanvalle, grondonteienimg sonder vergoeding aka grond diefstal, Penny Sparrow, Chris Hart, die doodskis duo, die Colignymanne en dorpenaars wat deurgeloop het onser plein kriminaliteit maar wil op n seepkis klim oor menseregteskendings in n buurstaat?

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahahaaa…Jerry? Het hulle ook by een of ander spruit ‘n “gelofte” gemaak, ‘n enorme klipgebou gaan oprig….en nooit weer terug gegaan, of die “gelofte” nagekom nie? Plaas dat hulle hulle “common sense” gebruik en hulle breine inspan om ‘n situasie wat hulle self geskep het, reg te stel…………maar hulle sal seker ook nie. Hulle sal eerder die “maklike roete” kies en begin om mense aan te por om na die klipgebou toe op te trek……en die “gelofte” te hernu……terwyl hulle steeds krepeer….Wys jou net, né?

Snowflake ·

DA wil internationale straf hof toe oor gebeure??? Nog nooit n pogoing aangewend om n vinger te lig vir dit wat met ons boere gebeur nie… nee wat DA swak keuse wat julle nou wil maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.