Fox News-Kersboom aan die brand gesteek

Die 15 m hoë Kersboom het voor die hoofkantoor van die konserwatiewe nuusuitsaaier Fox News gepryk. (Foto: Twitter / @RaymondArroyo)

’n 49-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ’n reuse-Kersboom in die hartjie van Manhattan, New York, opsetlik aan die brand gesteek het.

Die 15 m hoë Kersboom het voor die hoofkantoor van die konserwatiewe nuusuitsaaier Fox News gepryk.

Die man het glo in die middernagtelike ure by die staalstruktuur van die Kersboom opgeklouter en die boom aan die brand gesteek. Sowat 10 000 glasornamente en 100 000 liggies is ook in die brand vernietig.

Niemand is in die voorval, wat op beeldmateriaal vasgevang is, beseer nie.

Die verdagte het tydens sy inhegtenisneming ’n aansteker by hom gehad, maar die polisie is in dié stadium nog onseker of hy enige ander middels gebruik het om die brand te stig. Dit vorm deel van ’n ondersoek wat deur die stad se brandweer-departement behartig word.

Hoewel die polisie nog geen motief vir die beweerde brandstigting bekendgemaak het nie, het Suzanne Scott, uitvoerende hoof van Fox News Media, dit as ’n “kwaadwillige brandstigtingsaanval” bestempel.

Scott meen dit is ’n “doelbewuste, brutale daad van lafhartigheid” en het onderneem dat ’n nuwe Kersboom binnekort op dieselfde plek opgerig sal word.

“Dit sal as ’n boodskap dien dat daar lig, vrede en vreugde in selfs donker oomblikke soos dié kan wees.”

Die ondersoek na die voorval duur intussen voort.

Die 15 m hoë Kersboom het voor die hoofkantoor van die konserwatiewe nuusuitsaaier Fox News gepryk. (Foto: Twitter / @LiamNissan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

isabelle ·

aaaaag KYK NOU HOE LELIK….iets mooi na iets lelik deur verwoesting….hoekom laat die boom my dink aan baie dinge wat hier in ons land gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.