Frankryk bied asiel aan Christene van Mosul

‘n Irakese Christenvrou in ‘n kerk in die hoofstad Bagdad (AFP)

‘n Irakese Christenvrou in ‘n kerk in die hoofstad Bagdad (AFP)

Frankryk het asiel aangebied aan die duisende Christene van Irak se tweede grootste stad, Mosul. Die stad is in Junie deur radikale Moslems van die IS (voorheen Isis) verower.

Christene word die keuse gegee om hulle tot die Islam te bekeer, ‘n hewige belasting te betaal, of die doodstraf opgelê te word. Talle het reeds na die selfregerende gebied van Koerdistan gevlug.

Die Christene van Mosul is een van die oudste Christengemeenskappe ter wêreld, en het na berig word sowat 60 000 siele uitgemaak.

Voorverlede Sondag was die eerste keer in 160 jaar dat daar geen Christelike mis in die stad uitgevoer is nie.

Bron: AP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.