Die Franse modeontwerper Hubert de Givenchy is in die ouderdom van 91 oorlede.
Sy maatskappy het die nuus Maandag op sy amptelike Facebook-blad aangekondig.
Die ontwerper het in die 1950’s en 1960’s klere ontwerp wat die aktrise Audrey Hepburn gedra het.
“Die House of Givenchy kondig met groot hartseer die afsterwe aan van ons stigter Hubert de Givenchy, ʼn groot bekende in die wêreld van Franse Haute Couture en ʼn man wat Paryse sjiek en elegansie vir meer as ʼn halfeeu gesimboliseer het. Sy nalatenskap en benadering tot styl weerklink nog steeds.”