[Video] Franse pa skryf hartroerend ná vrou se dood in Parys-aanval

Isobel Bowdery, wat die terreuraanval in Parys in November 2015 oorleef het, het kort ná die aanval dié foto op sosiale media gedeel.

Isobel Bowdery, wat die terreuraanval in Parys in November 2015 oorleef het, het kort ná die aanval dié foto op sosiale media gedeel.

Antoine Leiris, ʼn inwoner van Parys, wie se vrou dood is in die terreuraanval by die Bataclan-konsertsaal in die Franse hoofstad, het hom tot Facebook gewend om ʼn ope brief te skryf aan die groep Isis. Leiris het die brief geplaas skaars drie dae ná die dood op sy 35-jarige vrou, Helen Muyal-Leiris. Die egpaar was 12 jaar getroud. Muyal-Leiris was een van 129 mense wat vermoor is tydens die reeksaanvalle in Parys. Dié brief met die opskrif “Ek sal nie haat nie”, is meer as 200 000 keer op sosiale media gedeel. Lees dit hier:

Vrydag het julle ʼn uitsonderlike lewe geneem: die liefde van my lewe en die ma van my seun. Ten spyte hiervan sal julle dit nie regkry dat ek julle haat nie. Ek weet nie wie julle is nie, en ek wil ook nie weet nie. Wat ek wel weet, is dat julle siele dood is. As hierdie god vir wie julle so blindelings moor ons werklik na sy beeld geskape het, is elke koeël wat my vrou gewond het, ook deur sy hart.

Ek gaan julle dus nie my haat gun nie. Ek gaan nie myself ʼn slagoffer van julle sinnelose geweld maak deur julle te haat nie, want dít is hoekom julle soveel mag het. Julle wil hê ek moet ʼn ander geloof aanneem, dat ek my medelandsburgers nie moet vertrou nie en dat ek my vryheid moet prysgee om veilig te voel. Dié stryd het julle verloor.

Ek het my vrou uiteindelik vanoggend gesien, ná dae en nagte van wag. Sy was nog net so mooi soos toe sy Vrydagaand by ons deur uit is en soos toe ek smoorverlief op haar geraak het 12 jaar gelede. Natuurlik is ek platgeslaan deur hierdie seer, dít sal ek toegee, maar ek weet die pyn sal van korte duur wees. Ek weet dat sy elke dag by ons sal wees en dat ons mekaar weer sal sien in die paradys van liefde, waar die dinge wat julle doen geen toegang het nie.

Nou is ons net twee; ek en my seun. Saam is ons sterker as al die weermagte in die wêreld. Ek wil nie meer tyd aan julle afstaan nie, ek moet my seun gaan versorg wat pas wakker geword het. Hy is nou byna 17 maande oud. Nes altyd, gaan hy binnekort eet en dan gaan ons speel. Vir die res van sy lewe sal hy ʼn bedreiging vir julle wees, want my seuntjie gaan gelukkig en vry wees. Ek sal nie toelaat dat hy haat as gevolg van julle dade nie.

Die BBC het die video op sosiale media gedeel:

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Se maar net ·

Wow – is dit nie ‘n voorbeeld vir ons almal nie ? Ek persoonlik dink ek sou so gevul wees met haat dat ek nie reguit sou kon dink nie ! Baie sterkte vir hierdie arme man en sy seuntjie met die pad vorentoe – ek weet jy sal jou seuntjie vir ons ware Here groot maak waar hy weer sy mamma sal ontmoet

Gerhard ·

Ja, n’ dapper man….weet nie wat ek sou doen as dit met my sou gebeur nie.

Peet Schabort ·

Hy is beslis vir ons ‘n voorbeeld en wat hy eintlik sê is om nie die ‘ongelowige’ soos deur ISIS se definisie, te haat.
Maroela, dalk net ‘n verwysing na Isobel Bowdery van wie die foto kom?

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die foto se byskrif is gewysig. Dankie dat jy ons daarop gewys het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

SNEL ·

Goeiste, wat n sterk gelowige man, ons kan baie by hom leer. Hy is ontsettend sterk. Weet nie wat ek in so situasie sou doen nie. Vreeslik hartseer wat met daai mense in Parys gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.