Franse sanger Charles Aznavour oorlede

Charles Aznavour (Foto: Charles Aznavour/Facebook)

Die Franse sanger, Charles Aznavour, wat veral bekendheid verwerf het vir sy liedjie “She”, is Maandag in die ouderdom van 94 in Frankryk oorlede.

Aznavour het meer as 1 300 liedjies geskryf en meer as 1 400 opgeneem. Hy het in agt verskillende tale gesing en meer as 180 miljoen plate verkoop. Hy het ook in meer as 80 flieks verskyn.

Aznavour is in 1924 in Parys, Frankryk gebore en was bekend vir sy unieke tenoorstem. Hy was die seun van Armeense immigrante en een van Frankryk se gewildste en mees geliefde sangers.

“Frankryk se Frank Sinatra” is in 1998 deur CNN benoem as die “Vermaaklikheidskunstenaar van die jaar”. Hy het voor presidente, die pous en koninklikes en by talle liefdadigheidsgeleenthede opgetree.

In 2009 is hy as die ambassadeur vir Armenië in Switserland aangestel en Armenië se permanente afgevaardigde aan die Verenigde Nasies in Genève.

In Augustus 2017 het hy die 2 618ste ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang en sy laaste konsert was op 19 September 2018 in NHK Hall, Osaka. Hy sou in November weer ‘n musiektoer onderneem het na Frankryk en Switserland met sewe optredes.

Hy was drie keer getroud en laat ses kinders agter.

Aznavour is op 1 Oktober 2018 in sy huis in Mouriès in die suide van Frankryk oorlede.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hendrik van George ·

Wow, ‘n legende en ‘n ware kunstenaar. RIV

Eish ·

My gunstelingsangers verwissel nou so een een die tydelike met die ewige.
Goeie jare gespaar en n vol lewe.

A Blignaut ·

Sy giftigheid teenoor Suid Afrika is nog vlak in die geheue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.