Fukushima-kernafval in Kanada gevind

Halfmoon Bay naby Ucluelet in British Columbia waar radioaktiewe spore van Sesium-134 en Sesium-137 gevind is Foto: Halfmoonhaven.com

Halfmoon Bay naby Ucluelet in British Columbia waar radioaktiewe spore van Sesium-134 en Sesium-137 gevind is Foto: Halfmoonhaven.com

Die eerste keer sedert die Fukushima-kernramp in Japan in 2011 is radioaktiewe spore van Sesium-134 en Sesium-137 aan die kus van Kanada gevind. Die radioaktiewe materiaal is van die ramptoneel afkomstig.

Die kernramp het gebeur toe ’n tsunami die kernkragopwekkingsintallasie na ’n groot aardbewing beskadig het. Die radioaktiewe materiaal wat nou aan die kus van Vancouver-eiland gevind is, is nog te min om enige gevaar vir mense in te hou. Volgens die groep is die bestraling ʼn duisend keer minder as ʼn enkele X-straal wat van ʼn tand geneem word indien jy elke dag vir ʼn jaar lank in die Vancouver-water sou swem.

Bron: The Guardian, ABC
Lees alle vorige berigte oor Fukushima op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.