G7 kom ooreen oor klimaat, bewaringsdoelwitte

V.l.n.r. Justin Trudeau (Kanada), Charles Michel (Europese Raad), Joe Biden (VSA), Yoshihide Suga (Japan), Boris Johnson (Brittanje), Mario Draghi (Italië), Emmanuel Macron (Frankryk), Ursula von der Leyen (Europese Kommissie) en Angela Merkel (Duitsland) tydens die familiefoto in Carbis Bay, Cornwall (11 Junie 2021) (Foto: Leon Neal/POOL/AFP)

G7-leiers sal Sondag nuwe bewaring- en uitlaatgasdoelwitte ondersteun om klimaatsverandering hok te slaan en samewerkende optrede op verskeie ander fronte finaliseer wanneer die drie dag lange beraad tot ʼn einde kom.

Die groep van leidende ekonomieë sal ooreenkom om minstens 30% van grond en oseane wêreldwyd teen die einde van die dekade te beskerm.

Die “natuurverdrag” sal poog om ʼn verlies aan biodiversiteit hok te slaan en die impak om te keer. Die lande sal hulself ook daartoe verbind om byna teen 2030 hul uitlaatgasse te halveer, in vergelyking met 2010. Dit sluit die verpligte verbruik in van sogenaamde “skoon” kragopwekking, so vinnig as moontlik, en bring ʼn einde aan meeste regerings se ondersteuning vir fossielbrandstof en ʼn uitfasering van petrol- en dieselmotors.

Die Britse eerste minister Boris Johnson, wat die gasheer is van die beraad in die kusdorp Cornwall in die suidweste van Engeland, het gesê die G7 wil “ʼn wêreldwye Groen Nywerheidsrevolusie bevorder wat die manier hoe ons lewe sal transformeer”. “Daar is ʼn direkte verband tussen verminderde uitlaatgasse, om die natuur te herstel, werk te skep en langtermyn ekonomiese groei,” het hy bygevoeg.

Die G7 – Duitsland, Frankryk, Italië, Japan, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika – asook hoofde van die Europese Unie, het Vrydagaand ʼn onthaal bygewoon wat koningin Elizabeth II en haar seun prins Charles aangebied het. Hul eweknieë van Australië, Suid-Afrika en Suid-Korea het Saterdag op uitnodiging by hulle aangesluit en Indië het aanlyn ingeskakel. Hulle het Saterdagaand ʼn strandbraai geniet om vuurputte met musiek en gebraaide malvalekkers.

Ondanks die ligter oomblikke, is die beraad hoofsaaklik die moeilike taak opgelê om ʼn meer omvattende reaksie op die pandemie saam te stel. Leiers het ooreengekom om saam te staan om toekomstige pandemiese te voorkom en sal na verwagting sowat een miljard dosisse Covid-19-enstof aan armer lande beskikbaar maak.

Pres. Cyril Ramaphosa in Cornwal, Engeland tydens die G7-beraad (12 Junie 2021) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rian ·

Ek sien die gulsige een met die bakhantjies glimlag breed. Seker lekker ingeprop deur die wit rassiste.

Sê maar net ·

Mmmmmmmm……en nie een van hulle het ‘n masker aan nie….Interessant, nê? En hulle gooi hier by ons twee senior mense in die tronk wat op laatmiddag stappie gegaan het, met maskers in hul sakke ipv op hul gesigte:(

annie ·

Met net 7 land teenwoordig kan nie veel uitgerig word met sulke verhewe doelwitte nie. Dalk is die VN ‘n beter liggaam vir sulke planne maar lg is nou uitsluitlik ‘n welsynsliggaam. Die groot droom wat vir ewig net aanhou is die ophef van ‘ontwikkelende lande’ wat sekerlik deur CR Pledge aangeroer is met die ANC-regering as hoofborg…

Keith ·

Please bring Trump back in 2024. These Clowns want to reduce Co2 by 50% in less than 9 years (2030). Read that as: re-distribute, destroy and reduce the world economic output by 50% within 9 years. Aaargh !

Dirk Mostert ·

“Klimaatsverandering” en die “pandemie” is die dubbelloop-geweer om die NWO tot stand te bring. Albei word deur dieselfde liggame en individue en beheerde hoofstroommedia gedryf.

Pierre ·

“ʼn wêreldwye Groen Nywerheidsrevolusie bevorder wat die manier hoe ons lewe sal transformeer” En dan kry ons climate lockdowns.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.