Gaan Yellowstone-supervulkaan uitbars?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Dit gons op die sosiale media dat die Yellowstone Supervulkaan in die VSA kan uitbars nadat foto’s en videomateriaal aanlyn gepubliseer is wat toon hoe bisons vervaard paaie oorsteek soos hulle skynbaar van die toneel vlug.

Daar word ook berig dat ongeveer 40% van die elkbevoling “spoorloos verdwyn” het, en dalk ook poot in die wind geslaan het. Die Yellowstone Nasionale Park huisves onder meer die bekende spuitende geyser, Old Faithful.

Boonop het heliumvlakke in die atmosfeer in die omgewing skerp toegeneem. En dit alles het na ‘n redelike sterk aardbewing begin.

Alhoewel wetenskaplikes nie die vreemde dieregedrag kan verklaar nie, het hulle gesê daar is geen teken dat die supervulkaan binne die volgende duisend, of selfs tienduisend jaar gaan uitbars nie. Indien die slapende reus ontwaak, sal dit moontlik ook eerder in die vorm van lawavloei wees wat selfs die onmiddellike omgewing min gaan raak.

Die supervulkaan het na raming meer as 640 000 jaar gelede laas ‘n groot uitbarsting beleef, en voor dit 1,2 miljoen jaar gelede, met die grootste uitbarsting sowat 2,1 miljoen jaar gelede. Groot uitbarstings van die vulkaan het bykans die hele Noord-Amerika op die een af ander wyse geraak, soos as-afsettings. Die klimaat kon wêreldwyd geraak gewees het.
Bronne: WND Diversions, News Au.com, Epoch Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.