‘Game of Thrones’-akteurs verloof

Kit Harington en Rose Leslie (Foto: Bored Panda)

Die Game of Thrones-akteurs Kit Harington (30) en Rose Leslie (30) het verloof geraak.

Harington vertolk die rol van Jon Snow en Leslie dié van Ygritte in dié TV-reeks.

The Sun berig die paartjie het die nuus glo verlede week met hul vriende en familie gedeel. Dié nuus volg kort nadat hulle ʼn paar maande gelede verlowingsgerugte ontken het.

“Kit weet al lank dat hy met Rose wil trou maar hy wou eers vir hulle ʼn huis kry sodat hulle kon rustig raak,” het ʼn vriend van die akteur aan dié koerant vertel.

Die twee het vroeër vanjaar in hul East Anglia-herehuis van sowat £1,75 miljoen (meer as R31 miljoen) ingetrek.

Harington het aan die kletsprogramaanbieder James Cordan gesê hy is “baie gelukkig” om saam met sy “beste vriend” te woon.

“Dit gaan baie goed. Sy het baie idees vir die huis. Ek het vir haar gesê: ‘Kyk, liefie, dis belangrik dat dit ons plek is. En dat dit soos ons plek voel en dat dit nie voel asof jy net by my ingetrek het nie. Skuif enigiets rond wat jy wil’,” het hy geskerts.

Die akteurs het mekaar op die stel van die reeks Game of Thrones ontmoet. Die sewende seisoen van Game of Thrones is pas uitgesaai en word gevolg deur ʼn agtste en finale seisoen. Die reeks is die televisiekanaal HBO se gewildste reeks, met sowat 10 miljoen kykers wat vir die nuwe reeks se eerste episode ingeskakel het.

Etlike episodes van die reeks het in Augustus voortydig uitgelek nadat die televisiekanaal deur kuberkrakers geteiken is. Data van meer as 1,5 TB is in die voorval gesteel.

Kit Harington en Rose Leslie (Foto: Game of Thrones)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HB ·

“You know nothing John Snow” Kan nie wag vir die volgende seisoen nie.

Chantel ·

Ek kan ook nie wag nie! Dis n oulike pragtige paartjie! Is so opgewonde vir hulle! Hoop hul het n wonderlike lewe saam. Wens vir hul die beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.