Gasa-aanvalle: 121 sterf in vyf dae

Foto: Said Shaheen/Facebook

Foto: Said Shaheen/Facebook

Minstens 121 mense is reeds in Gasa dood terwyl Israel oornag voortgegaan het met sy lugaanvalle op Palestyne.

Drie mans is naby ‘n moskee in die weste van Gasa-stad dood terwyl ‘n 17-jarige seun dood is na ‘n lugaanval op ‘n straat in die stad.

‘n Militêre woordvoerder in Tel Aviv sê Israel het oornag aanvalle op meer as 60 teikens geloods. Daar was al aanvalle op meer as ‘n 1 000 teikens sedert Israel Dinsdag met sy aanvalle begin het.

Hamas, die Islamitiese-beweging wat Gasa beheer, se die meeste slagoffers was burgerlikes, waaronder vroue en kinders. Meer as 920 mense is beseer.

Benjamin Netanyahu, Israelse premier, sê sy land sal nie die lugaanvalle staak voor Palestynse vuurpyl-aanvalle nie gestaak word nie.

Die Verenigde Nasies sê die “teiken en vernietiging van residensiële geboue in Gasa blyk steeds die hoofoorsaak van burgerlike sterftes te wees.”

Navi Pillay, die VN se hoë kommissariaat vir menseregte, het kommer uitgespreek oor die groot aantal burgerlike sterftes.

Die foto’s is deur Said Shaheen op Facebook gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tokkie ·

As Hamas ophou met hul onwettige afvuur van vuurpyle sal Israel nie nodig hê om hulself te verdedig nie. Die skuld van die slagting moet voor die Palestyne se deur gelê word – hulle het immers die terroriste ingestem.

Canned Phantom ·

“You mess with the bull, you will get the horn.” Tokkie jy is 100% reg. Dit gaan hier ook so. Elke keer word die ANC ingestem en ‘n dag later word daar oor die landsbestuur gekla. Palestyne, vat julle pak soos ‘n man. “You want to talk the talk, you have to walk the walk.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.