Gasa-konflik: Netanyahu waarsku Hamas

Benjamin Netanyahu. (Foto: Sebastian Scheiner/POOL/AFP)

Benjamin Netanyahu, Israel se premier, het Woensdag gesê Israel se bombardering van Gasa het ten doel om Hamas af te skrik.

Volgens die ministerie van gesondheid in Gasa is 219 Palestyne reeds dood terwyl die geweld 12 lewens in Israel geëis het.

Terwyl internasionale druk oplaai vir die beëindiging van die ergste bloedvergieting in jare, het Netanyahu nog ʼn streng waarskuwing aan Hamas, die Islamitiese militante groep in Gasa, gerig wat sedert 10 Mei duisende vuurpyle op Israel afgevuur het.

“Daar is net twee maniere om hulle te hanteer,” het Netanyahu aan ʼn groep buitelandse ambassadeurs gesê.

“Jy kan hulle óf oorwin, en dit is altyd ʼn moontlikheid, óf jy kan hulle afskrik, en ons is tans besig met ʼn kragtige afskrikking, maar ek moet sê dat ons niks uitsluit nie.”

Die doel is om Hamas se “vermoëns, hul terreurvermoëns en hul wil af te breek”, het Netanyahu gesê.

ʼn Israeliese militêre beampte, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het egter in ʼn afsonderlike inligtingsessie gesê dat Israel nou beoordeel in watter stadium hy sy militêre veldtog kan staak.

“Ons kyk wanneer is die regte oomblik vir ʼn skietstilstand,” het die bron gesê.

Die VSA, ʼn belangrike bondgenoot van Israel, het herhaaldelik die aanvaarding van ʼn gesamentlike verklaring van die VN-veiligheidsraad dat vyandigheid gestaak word, gestuit.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Maandag aan Netanyahu gesê dat hy ʼn skietstilstand steun.

ʼn Vergadering van die VN-veiligheidsraad het Dinsdag verdaag sonder dat ʼn verklaring uitgereik is, maar Frankryk het toe gesê dat hy ʼn resolusie voorgestel het vir ʼn skietstilstand, in samewerking met Egipte en Jordanië.

Vuurpyle word van Gasa-stad na Israel afgevuur.
(Foto: MAHMUD HAMS/AFP)

Beijing se ambassadeur by die VN, Zhang Jun, het aan verslaggewers gesê China is “ondersteunend” rakende Frankryk se voorstel van ʼn skietstilstand.

Josep Borrell, hoof van buitelandse beleid by die EU, het ook sy steun toegesê aan die toenemende oproepe om ʼn skietstilstand en dring daarop aan dat die Israeliese weermag op ʼn “proporsionele” wyse optree.

Hamas het sedert 10 Mei nagenoeg 3 700 vuurpyle op Israel afgevuur wat tot die dood van 12 mense, onder wie ʼn Indiër en twee Thaise burgers, gelei het. Minstens 333 mense is beseer, het die Israeliese owerhede gesê.

Die Israeliese weermag het intussen gesê dat hy oornag “40 ondergrondse Hamas-teikens” in die suidelike Gasastrook aangeval het.

Israeliese lugaanvalle het al tot die dood van minstens 219 mense in Gasa gelei, onder wie 63 kinders. Meer as 1 500 mense is gewond, volgens syfers van die ministerie van gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Tipper ·

Israel het dit nou van 3 kante af,al hoe meer gevorderde tegnologie word ingespan teen hulle,Hamas die terroris(nes die pa) is nou verswak,baie ondergrondse tonnels is opgeblaas,Libanon meng ook nou in en Israel dink baie hard wat hulle opsies nou gaan wees,nie maklik nie. Terloops,Kyk ek maak Jerusalem n baie swaar klip vir die nasies elkeen wat hom probeer optel sal hom daarmee beseer.. So gaan kyk maar op You tube se livestreams,daar kan jy jou sê, sê.

marius ·

Die lafaards skuil agter rokke en kinders terwyl hulle aanvalle loods . Israel sal nie geflous word deur die wereld se papperds se dreigemente nie . As jy die swaard wil trek , moet jy bereid wees om die gevolge te staan . Punt .

Tipper ·

O ja en dan kom die Chinese wat n skietstilstand vra tussen die twee partye maar wat ook terselfdertyd ,Taiwan, Indonesia en Japan militêr dreig en nog stormloop en nog wil inpalm,ek wonder as hier nou oorlog moet uitbreek en ons vra vir n skietstilstand of hulle sal luister.

Pieter J ·

Hoekom is daar altyd vrouens en kinders in die pad wanneer Hamas teikens aangeval word. As ek weet ek gaan aangeval word omdat ek tereur pleeg moet ek mos sorg dat my vrou en kinders uit die pad is anders is ek mos willens en wetens besig om hul lewens op die spel te plaas. As jy ń misielstelling tussen burgerlikes plaas is jy ń misdadiger in die ergste graad.

Jannie van Niekerk ·

Omdat hulle ‘n spul lafhartige terroriste is.

Johann ·

En onse president treur saam met sy mede Palestynse terroriste wat soos hy en sy people gesuffer het…apartheid op sy ergste…terwyl hy en sy Afrika Despote bakhand staan vir geld!

Blikkies ·

Lyk my daai fillistyne kan nie reguit skiet nie. Ek hoop Israel slaan met mag en krag terug. Al wat die wereld skree is dat Israel moet ophou om die fillistyne aan te val, maar die Palestyne kan maar skiet soos hulle wil, niemand se iets daaroor nie.

gpsa ·

Hierdie gaan nie oor geloof of terrorisme nie. Hierdie gaan oor die Jode wat die Palistyne se eiendom openlik vat.
Dit gaan al jare so aan dat Palestyne se eiendom, waar hulle jare bly net onteien word. Hulle gebied word al kleiner en Israel al groter. Wat die huidige situasie begin het is juis die Jode wat Palestynse families wat al vanaf 1950’s in hul wonings bly net wil uitjaag en eiendom vat.

Dries ·

Grant jy ken nie die hele storie nie. Die Palestyne verwoes als net waar hulle gaan. Die Israeliete maak van daai woestyn n lushof. Die Palestyne is n aggresiewe nasie wat die christendom wil uitwis

Jannie van Niekerk ·

Die Palestyne is die agressors. Die lkand behoort aan Israel.

Pieter J ·

Israel behoort aan die jode of jy daarvan hou of nie. Gasa is deel van Israel.

Thom ·

Moenie agter name aanhardloop nie ; vergewis jouself van die feite voor jy net iets kwytraak . Israel is die besetters hier en die hele situasie is uiters kompleks wat wysheid , geduld en verdraagsame onderhandelinge gaan verg om te ontrafel .

Dirk Mostert ·

Israel het duisende jare gelede aan die Israeliete behoort. Die huidige Jode is net ‘n godsdiensgroep, nie etniese Israeliete nie.

gpsa ·

Gaan kyk na hul geskiedenis na die 2de wêreld oorlog. Kyk hoe hulle areas verander het. Palistyne het basies Gasa en Wesbank oor wat ook besig is om oorgeneem te word.
As ons sê Israel behoort aan die Jode punt, dan kan mens ook se Afrika behoort aan swartes en klaar.

As Israel ondersteun word in wat hulle doen moet ons nie verbaas wees as die wêreld massa onteining van blanke eiendom in SA ook ondersteun nie.

twaalfboor ·

Jerusalem se geskiedenis kom nie van 1950 af nie Grant. Ook nie van die 2de wêreld oorlog af nie. Gaan lees jou bybel en nie die readers digest nie.

gpsa ·

Ons lewe nie meer in die Bybel se tyd nie. As jy wil he bevolings moet lyk soos dan is ek bevrees ons sal ons tassies moet pak.

Johan ·

Jy weerspreek jouself Grant. Israel is nie “die Jode ” nie.. Julle leen lekker jul ore uit vir Hollywood. Eks jammer om te sê maar ek dink jul moet die verskil tussen die Sioniste en die Jode gaan opsoek. Palestina is vir die Palistyne, Israel is nog altyd die agressors, hul bedek dit net goed met propaganda.

gpsa ·

Aan die einde van die dag weet ons nie werklik wat als daar aangaan nie en elkeen kan maar net se wat hy/sy dink of verstaan vanaf inligting wat beskikbaar is (In my opinie). As mens nie daar woon nie kan mens nie werklik se wie reg of verkeerd is nie. Soos genoem was, is dit ‘n moeilike situasie en moeilike probleem om op te los.

gpsa ·

Van waar die weerspreek Johan? Daar is 2 hoof groepe, die Palistyne wat Palistinie verteenwoordig en Jode wat Israel verteenwoordig. Dan is daar ‘n klein hoeveelheid Christene. Daar is heel waarskynlik kleiner sub groepe maar alleen op hul eie dink ek nie hulle maak groot verskil nie.

Werner ·

Dit is nou 212 + 12=224 na weke se geweldige konflik.Hier by ons is meer mense in n week vermoor 52 per dag

Adam Adriaan ·

Hier in SA het ons nie ‘n vyand nodig nie.Ons vyand is die regering{ANC} en die gepeupel wat kla oor dienste wat alles vernietig. Een van die dae lewe ons in ‘n verskroeide aarde. Niks gaan oorbly nie. Hulle ontsien niks en niemand nie.

Wakkerslaper ·

Dis het lankal tyd geword om ‘n koei ‘n koei te noem… HAMAS is nie ‘n “militante vleuel” nie. Dit is ‘n TERRORISTE beweging. Net soos die anc, sakp, swapo, azapo, mk ens.

Wakkerslaper ·

“Jy kan hulle óf oorwin, en dit is altyd ʼn moontlikheid, óf jy kan hulle afskrik, en ons is tans besig met ʼn kragtige afskrikking, maar ek moet sê dat ons niks uitsluit nie.”

Klink nogal baie soos wat die vorige bewind met terroriste bewegings soos die anc, sakp, swapo, azapo ens. ook maar gedoen het. Net jammer die wêreld het dit nie destyds ook so gesien nie.

Piet ·

Te danke aan sosiale media kan ons presies sien wat daar gebeur, maak nie saak wat die israelitiese propaganda sê nie. Israel pleeg massamoord teen die armste mense in die wereld

Kerneels ·

Piet, hulle het die volste reg om hulself te verdedig wanneer vuurpyle deur ‘n terroriste organisasie op hulle afgevuur word.

Johan ·

Piet jy is nie die enigste een wat dit sien nie, maar eks bevrees SAners op die forum is nog bietjie agter die klip.

Piet ·

Ja Johan, maar dit help nie mens stry nie. As jy nie eers jou eie oë meer glo nie gaan niemand jou oortuig nie

Jdb ·

Beteken “proportioneel “ dat Israel dan ook 3700 vuurpyle op die Palestyne moet afvuur?

Johan ·

Sioniste…Jood is n geloof, iets waarvan daar maar min is in Palestina….maar nou ja, maklik om die wêreld (VSA en lyk my SA) se steun te kry as jy jouself afmaak as n “uitverkore volk”.

annie ·

Israel se verhaal begin nie in 1917 met plakkerskampe regoor die destydse Palestina nie. Veel vroeèr soos die Bybel aandui. Die huidige Palestyne wil volk-volk speel met opportuniste van oraloor. Arafat was bv ‘n Egiptenaar. Talle kom uit Afrika en Arabiese lande wat teer op fondse vir ‘martelaars’ met ‘n moskee presies waar die tempel in Jerusalem gestaan het en Mohamed, 8 eeue later glo ook na die hemel opgevaar het nà sy bende se nederlaag. ‘Kruis’togte vir beheer oor Jerusalem woed voort.

Dirk Mostert ·

Volgens Biden het Israel die reg om hulself te verdedig. Hoe durf die Palestyne hul verset teen uitsetting uit hul huise en grondgryping deur Kazar-Joodse nedersetters! Netanyahu gebruik die situasie om aandag af te lei van sy korrupsie-aanklag. Netsoos Clinton se Golfoorlog om die aandag van sy verhouding met Monica Lewinsky af te lei.

Johan ·

Dankie Dirk, nou het ek weer hoop vir ons mense, almal is toe tog nie after die Hollywood klip nie.

Dirk Mostert ·

Die situasie is dieselfde in Palestina as in die Wes-Kaap, waar BFLF kom plak op grond, terwyl hulle geen historiese aanspraak het nie.

Johan ·

Net so terloops die Ortodoks Jode (nie Sioniste nie) is baie gekant teen die gedurige aggressie want hul weet dit is nie volhoubaar nie, en, is in elkgeval teen hul geloof ook. Die Sioniste is n ander storie en behoort nie so baie steun te geniet nie. Hulle is ook geensins die “uitverkore” volk soos wat ek vermoed baie Christene glo nie, julle laat jul n rat voor die oë draai deur hul propaganda. Hoekom so baie kinders dood vra iemand, wel Benjamin sê dit self ” om hul wil af te dreek”. …eenvoudig, want hul teiken hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.