Gasa-konflik: Skietstilstand tree in werking

Inwoners van Gasa-stad het Vrydag vroegoggend die strate ingevaar nadat ‘n skietstilstand in werking getree het. (Foto: MOHAMMED ABED/AFP)

ʼn Skietstilstand tussen Israel en Hamas, die Islamitiese beweging wat die Gasa-strook beheer, het vroeg Vrydag in werking getree ná 11 dae lange dodelike gevegte.

ʼn Senior Hamas-leier het in reaksie op die skietstilstand gesê dit is ʼn oorwinning oor Israel. Khalil al-Hayya, ʼn senior lid van die Islamitiese beweging se politieke buro in die Gasa-strook, het beloof dat huise wat deur Israeliese lugaanvalle vernietig is, herstel sal word. Duisende mense het in Gasa-stad bymekaargekom om die skietstilstand te vier.

Benjamin Netanyahu, Israel se premier, het gesê Israel se bombardering van Gasa het Hamas “baie jare teruggesit”.

Die skietstilstand, wat deur Egipte onderhandel is, het Vrydag in werking getree ná internasionale druk om die bloedvergieting wat vroeër vandeesmaand uitgebreek het, te stuit.

Die Amerikaanse president Joe Biden het die ooreenkoms verwelkom.

“Ek glo dat ons ʼn ware geleentheid het om vooruitgang te maak, en ek is daartoe verbind om daaraan te werk,” het Biden in die Withuis gesê en bygevoeg dat hy Egipte se rol in die bemiddeling van die ooreenkoms verwelkom.

Israeliese aanvalle op Gasa sedert 10 Mei het tot die dood van 232 Palestyne, onder wie 65 kinders, gelei en volgens die ministerie van gesondheid is minstens 1 900 mense gewond. Groot gebiede is in puin gelê en ongeveer 120 000 mense is ontwortel.

Volgens die Israeliese weermag het Hamas en ander Islamitiese gewapende groepe in Gasa meer as 4 300 vuurpyle na Israel afgevuur, maar is die oorgrote meerderheid van die vuurpyle wat na dig bevolkte gebiede onderweg was deur sy “Ysterkoepel”-verdedigingstelsel onderskep.

Die vuurpyle het 12 lewens in Israel geëis, onder wie twee kinders en ʼn soldaat.

Die konflik het toegeneem nadat Hamas vuurpyle in die rigting van Jerusalem afgevuur het ná botsings tussen die Israeliese polisie en Palestynse betogers by die Al-Aqsa-moskee.

Israel het ʼn lugaanval van stapel gestuur en volgens die weermag is honderde militêre teikens in Gasa getref en is tientalle militante bevelvoerders dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Misky ·

Hoe op aarde kan die Hamas leier die skietstilstand as ‘n oorwinning beskou? Hy kan bly wees Israel het ingestem en nog meer kon dood wees selfs hy ook

Anoniem ·

Dit dui net op die arrogansie van die Filistyne, net soos Goliat die Israeliete getart het. Israel kon hulle in ‘n oogwink van die gesig van die aarde verwyder het. Die stryd tussen Israel en die Filistyne dateer uit die Bybel se tyd. Dis tyd dat die Israeliete dit nou vir eens en vir altyd beiindig, vernietig die Filistyne vir eens en vir altyd, mens en dier en alles wat op Filistynse grond beweeg.

Cherokee ·

Interessante kommentaar, Manie. Logika wil met jou saamstem oor die platvee van Gasa, maar dan steek menslikheid ‘n vinger in die pie, deur jammer te voel vir die kinders. Dàn weer neem logika die platform deur te redeneer dat dieselfde kinders volwasse Arabiere word wat ook die lope gaan mik op Israel. Dan is daar ‘n sagte stem uit die gehoor wat vra of sommiges van hulle nie die Christelike geloof (gaan) aanhang nie. Dan die klipharde stem wat sê, onthou wat die Bybel vertel!

Anoniem ·

Goed opgesom Cherokee, ek het aan dieselfde gedink voordat ek my kommentaar geplaas het. Baie mense vra “wat van die Filistynse kinders”? Ek hoor egter selde mense wat vra “wat van die Israelse kinders”. Die kwessie is duisende jare oud en is seker die langdurigste konflik in mense geskiedenis. Ek verwys met opset na die Palestyne as Filistyne, want dis wie en wat hulle is.

Dirk Mostert ·

Jode, nie Israeliete nie! Hierdie Jode is nie die afstammelinge van die Israeliete van die Bybelse tyd nie. Die Palestyne ook nie van die Fillistyne nie. Dis heeltemal ‘n ander “ball game”.

Piet ·

Wonderlike nuus. Israel het nie die deur gedink nie. Ek het nog nooit so baie weerstand gesien van die ander lande en hulle populasies nie. Dis goed om te sien mense begin opstaan vir wat reg is.

Dirk Mostert ·

Om nie mense uit hul huise te dryf en hul grond te vat nie. Dit kan nog ons voorland word as die BFLF en EFF in beheer kom.

ES ·

Hamas droom as hulle dink dat dit vir hulle ‘n oorwinning is. Israel se militere krag en tegnologie is baie ver verhewe bo Hamas s’n.

Ek dink in elke geval dat enige groep wat godsdiens as verskoning gebruik om hul eie terreur motiewe te bevorder, nie mag en kan wen nie.

Grassie ·

Hierdie oorlog woed al meer as 4000 jaar, sedert Goliat nog in die stad Gat gewoon het in Gaza. Hulle is eintlik die Filistyne, nie Palestyne nie. Gaza is ‘n oorbevolkte, onderontwikkelde derdewêreldland met ‘n baie hoë bevolkingsaanwas. Dit klink ook vir ons bekend. Google gerus ‘n lugfoto van Gaza en Israel. ‘n Mens sien ‘n verflenterde onontwikkelde land, dan ‘n grensdraad en dan direk daarvandaan hoogs ontwikkelde, groen boerderye van ‘n eerstewêreld land. Dit is eintlik wat die palestyne wil hê – plase sonder vergoeding.

Anton ·

Hulle het reeds plase met kweekhuise ontvang jare terug. Niks oor nie, klink soos Zebedelia :-(

Dirk Mostert ·

Gaza kan vergelyk word met die Indiaan-reservate vroeer in Amerika. Palestyne wat uit Joods-besette gebiede verdryf is het soontoe getrek. ‘n Verdrukte nasie!

Dries ·

Netsoos die ANC. Sien oorwinnings in die vernietiging van hulle eie infrastruktuur en die swaarkry van hul eie mense en hul kinders

Dries ·

Ek verstaan die goed nie. Die palestyne eien Jerusalem as hulle heilige stad maar hulle lanseer vuurpyle op Jerusalem. Onnosel is nie die woord nie

Dirk Mostert ·

4,300 Projektiele en slegs 12 Jode dood? Wie se propaganda moet ons glo?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.