Gat in osoonlaag bo Antarktika kleiner

Die seisoenale gat in die osoonlaag bo Antarktika was vanjaar die kleinste in twee dekades, aldus die Amerikaanse ondersoeklaboratorium (NOAA).

Die oppervlak van die gat, wat jaarliks tussen September en Oktober vorm, was nietemin so groot soos die hele Noord-Amerika. In die jaar 2000 was die gat ongeveer ‘n derde groter.

Die kleiner gat word aan warmer weer hoog in die atmosfeer oor die tydperk toegeskryf. Wanneer dit kouer is, is daar meer uitdunning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.