Gays doodgemartel, aangehou in nuwe aanslag

Die Russiese polisie het in Augustus verlede jaar minstens 18 LGBT aktiviste in Sint Petersburg aangekeer tydens ʼn betoging om geslagsminderhede se regte te bevorder. Foto: Facebook

Twee mense is doodgemaak en amper 40 aangekeer in ʼn hernieude aanslag op LGBT mense in die Russiese streek Tsjetsjnië, sê aktiviste. Die sterfgevalle was glo die gevolg van polisiemarteling, berig The Guardian.

Maandag se berigte is soortgelyk aan dié van 2017 toe die polisie honderde gay mans in Tsjetsjnië aangekeer en geslaan en elektriese skokke toegedien het in geheime gevangenisse, wat gelei het tot internasionale veroordeling en sanksies.

As die huidige berigte bevestig kan word, sal dit bewys dat druk op Rusland en die Tsjetsjniese leier, Ramzan Kadyrov, hom nie laat afsien het van hedendaagse pogroms teen LGBT mense in dié konserwatiewe republiek nie.

ʼn Russiese LGBT regtegroep in Sint Petersburg, die Russiese LGBT Netwerk, het in 2017 ʼn poging gelei om alle LGBT mense uit Tsjetsjnië te ontruim. Intussen handhaaf die organisasie ʼn uitgebreide netwerk kontakte onder Rusland se LGBT gemeenskap.

Volgens hulle het die nuwe vervolgings laat in Desember begin nadat die administrateur van ʼn aanlyn groep vir LGBT mense op ʼn plaaslike sosiale netwerk aangehou is. Die polisie het die kontakte op sy foon gebruik om ander lede van die gemeenskap op te spoor.

Plaaslike polisie het die mense wat hulle in hegtenis geneem het en hul naasbestaandes met strafregstappe gedreig, berig Insider.

Kadyrov is volgens buitelandse waarnemers  ʼn marionet wat deur die Kremlin aan die mag gebring is. Hy word in Westerse media as “ʼn krygsheer” beskryf en plaas gereeld foto’s van hom in die sosiale media waarop hy katte vertroetel. In 2015 het die New York Times hom as “ʼn Instagram-verslaafde” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ons word gebruik ·

Ons word as pione gebruik om die globale linkse elite se agenda te bevorder.

Sonja ·

Nee kyk, of jy nou saamstem met die LGBT mense of nie, om mense DOOD te maak is verregaande en onnodig. Daar is baie meer diplomatiese maniere om geskille op te los soos VOLWASSENES. Dis eintlik die probleem deesdae op alle vlakke – mense gun makaar niks en los mekaar nie uit. Daar is vir elkeen ‘n plekkie in die son. Leef en laat lewe.

DG ·

Vandag is daar ‘n bus vol mense in Suid Afrika vermoor. Daar is 2 mense vermoor in – wat is die plek se naam nou weer – . Ek stem saam met “Ons Word Gebruik”. Kom ons kyk of die bus vol vermoordes die nuus oorsee haal… ek glo nie Natuurlik is enige so ‘n moord verkeerd, maar net om kenteks te kry.

Herman ·

As jy na die bus verwys wat kinders vervoer het, is daar net een kind dood, nie n hele bus vol nie. Of praat jy van n ander busongeluk?

SA is n onbenullige (maar steeds lekker) land in wêreldgebeure. Net soos lande soos Uruguay, Romenië, Bhutan, Suriname, ens. Dis nie asof daar daagliks oor ons berig word nie. So logies is die kans omtrent nul dat n busongeluk die wêreld se koerante gaan haal.

Joe ·

Om n bus ongeluk te vergelyk is belaglik, so jy wil nie oorsee se nuus lees nie, maar tog wil jy he dat oorsee’se media berig op plaasmoorde? Dink jy die Franse, Italianers en en en gee om oor dit, as daar ook n bus ongeluk was?

Varkie ·

Bly kalm mense.. dink DG het verwys dat daar daagliks volgens statistiek soveel vermoor word per dag as wat n bus kan vervoer

[email protected] ·

In die onderskrif van die foto kom die woord “geslagsminderhede” voor. Wat is ‘n geslagsminderheid? Daar is 2 geslagte in ‘n plus minus 50%-50% verhouding. Die newspeak van die NWO.

Rinkhals ·

Ja nee ek probeer ook om “geslagsminderheid” te begryp. Is daar dan ander geslagte as manlik of vroulik? En ek bedoel nie mense wat met ‘n fisiese defek gebore is of wat ‘n geslagsverandering ondergaan het nie dis te verstane. Kan mens in vandag se tyd jou geslag kies ?

Chris ·

Dit is nie baie Christelik om Gays dood te martel nie. Sies!

Jana ·

Chris, wie het enigsins gese dit is Christelik om Gays dood te martel? Is jy bewus daarvan dat Rusland ‘n ateistiese land en nie ‘n Christelike land is nie? Ek het niks gelees in die artikel dat die mense wat hierdie mense doodgemartel het, Christene is nie. Enige ware Christen sal “horrified” wees met wat hier gebeur het.

DogEkSeMaarOokNet ·

Stem saam Tanya, lees jou BYBEL. God maak NIE FOUTE NIE, het nog nooit en sal nooit. My opinie, ek dink GOD skaam homself oor hier “mense”wat hulle eie geslag wil kies en GOD verkeerd probeer bewys, hetsy deur wetenskap, politiese druk of wat “die verotte wêreld “sê ons kan en mag doen….en wil doen.

Barries ·

Snaaks hoe die “liefdevolle” sg. Christen kommentators altyd voor in die ry staan om te veroordeel en klippe te gooi. Mooi man.

Jana ·

Barries, ek het geen kommentaar hier gelees wat wys dat mense hierdie mense wat dood is veroordeel nie. Niemand wat hier kommentaar gelewer het keur enigsins goed wat hier gebeur het nie. Net sodat jy weet, die feit dat mens iets verkeerd noem maak nie iemand liefdeloos nie. Onthou net, liefde vir God kom voor liefde vir mense. God se Woord se sekere dinge is reg en sekere dinge is nie reg nie. Liefde vir God is nie om dit wat Hy verkeerd noem reg te noem, en dit wat Hy reg noem verkeerd te noem nie. En dit is heeltemal moontlik om lief te wees vir iemand sonder om saam te stem met wat hy doen. Dit is altyd vir my interesant hoe mense wat wil voorgee dat hulle nie veroordeel nie eintlik veroordeel. Deur mense te veroordeel wat se wat presies hulle glo, doen jy presies waarvoor jy hulle veroordeel! So deur dit te doen is jy net so liefdeloos as wat jy ander mense aankla om te wees.

Jana ·

Barries, ek het nerens nou kommentaar op hierdie artikel gelees wat hierdie mense veroordeel nie. Wat met hulle gebeur het is totaal en al verkeerd. Net omdat iemand duidelik se wat hulle glo maak hulle nie liefdeloos nie. Mense hou daarvan om te se dat Christene wat se dat homoseksualisme verkeerd is, liefdeloos is, maar hulle vergeet dat liefde vir God prioriteit vat bo liefde vir mense. Liefde vir God, is nie om te se dat wat Hy verkeerd noem reg is en dit wat Hy se reg is verkeerd is nie. Mense vergeet ook dat dit heeltemal moontlik is om lief te wees vir iemand sonder om saam te stem met wat hy doen. Jou kommentaar is vir my interesssant want in dit lees ek oordeel. So jy oordeel “mense wat oordeel” terwyl jy dit self doen.

Ander Annie ·

Ai tog, al die haat en nyd. Dit is verkeerd om ‘n mens te martel en dood te maak. Ja, en ek weet wat die Bybel sê maar die Bybel sê ook ek mag nie oordeel nie. Waar is ‘n bus vol mense vermoor, want ek het dit nog nie gelees nie? Ek weet van die bus ongeluk waarin een persoon oorlede is. Ek wonder hoe voel ‘n Ma as haar kind gemartel en vermoor word omdat hy of sy “gay” is. Dit moet baie hartseer en seer wees.

DG ·

Elke dag word daar tussen 50 tot 60 mense in Suid Afrika vermoor – ‘n bus vol mense.

Barries ·

In Engels word daar gepraat van “Whataboutism”. Weetnie of daar al ‘n word daarvoor in Afrikaans is nie, dalk “maarwatvanisme”. Moenie die onreg van die storie wat gerapporteer is probeer afmaak met “maar wat van dit wat in SA gebeur” nie, net omdat dit nie met jou standpunt ooreenstem nie.

E.K. die eerste ·

Aan Barries – sinvolle kommentaar en ek HOu van jou “maarwatvanisme” – hoort in die alle woordeboeke!

Mense ·

Barries ek hou ook van jou volwasse kommentaar. Jy het ‘n uitstekende skriftelike kommunikasievermoë.

Niek ongelukkig is nie alle mense verdraagsaam nie (deel van emosionele volwassenheid). Inteendeel. Mense moet ongelukkig aktief hulself beskerm teen ongeregtighede, onmenslikheid en brutaliteit in ‘n onvolmaakte wêreld.

Ander Annie ·

Goeie kommentaar Barries en Mense. Barries jou woord maak baie sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.