Gasa dalk onder VN-bestuur

Israelse minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman. Foto: wikipedia.org

Israelse minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman. Foto: wikipedia.org

Die moontlikheid dat Gasa onder die bestuur van die VN geplaas kan word na Israel se onttrekking, moet oorweeg word, aldus die Israelse minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman.

Lieberman het, volgens die Israelse koerant Haaretz, gesê daar is nie veel opsies oor wat om met die gebied te maak na Israelse onttrekking nie, behalwe dat dit tydelik onder VN-bestuur kan staan. Hy het daarop gewys dat die VN reeds met sukses Oos-Timor en Kosovo tot selfbestuur bestuur het.

Intussen hou die eensydige humanitêre skietstaking van sewe uur wat Israel ingestel het, nog. Israel is wel daarvan beskuldig dat dit ‘n huis in Gasa-stad gebombardeer het. Israel het by navraag bloot aangedui dat die aansprake ondersoek sal word.

Bronne: Trouw, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.