Gasa: Jongste skietstilstand hou oornag

Die foto is Saterdag in Gaza geneem. Foto: Ahraf Amra/Facebook

Die foto is Saterdag in Gasa geneem. Foto: Ahraf Amra/Facebook

Die jongste skietstilstand tussen Israel en Hamas wat Sondagaand in werking getree het, het deur die loop van die nag gehou.

Israel het eerste tot die instelling daarvan ingestem, waarna Hamas gevolg het.

Israel het onderneem om weer vredesonderhandelaars na Kaïro te stuur waar Egipte vredessamesprekings probeer fasiliteer, maar het bygevoeg dat dit onderworpe daaraan is dat die skietstilstand hou.

Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het die skietstilstand verwelkom, en die hoop uitgespreek dat dit tot ‘n langdurige vrede sal lei.

Hy het ‘n beroep op al die betrokke partye gedoen om konstruktief te werk te gaan en om enige optrede wat tot die hervatting van geweld sal lei, te vermy. Wedersydse griewe moet uitgepluis word.

Intussen het die eerste vier gewonde Palestyne, drie vroue en ‘n kind, per vliegtuig in Ankara, Turkye, aangekom vir behandeling. Turkye is van voorneme om sowat 200 gewonde Palestyne na Turkye te vlieg vir behandeling.

Bronne: The Telegrah, Trouw, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.