Gaza: Nuwe skietstilstand begin met bombardement

Vuurpyle word uit Gaza op woongebiede en burgerlike teikens in Israel afgevuur Foto: www.cesi-italia.org

Vuurpyle word uit Gaza op woongebiede en burgerlike teikens in Israel afgevuur Foto: www.cesi-italia.org

Die nuwe vyfdaagse skietstilstand tussen Israel en Hamas wat Woensdagaand in werking getree het, het onrustig begin toe vuurpyle uit Gaza op Israel gevuur het, en Israel met artillerie teruggeskiet het.

Sedertdien hou die skietstilstand blykbaar.

Dit het Woensdag nog gelyk of daar geen vooruitsig is vir ‘n nuwe skietstilstand nie weens onversoenbare voorwaardes van Israel en Hamas. Hamas eis dat die blokkade van Gaza opgehef word, terwyl Israel maatreëls in plek wil hou om te verseker dat Hamas ontwapen word, en die gebied gedemilitariseer word.

Meer as 2 000 mense is dood sedert die jongste konflik losgebars het.

Bron: ANP (Trouw)

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae