Gasa: Nuwe skietstilstand begin met bombardement

Vuurpyle word uit Gaza op woongebiede en burgerlike teikens in Israel afgevuur Foto: www.cesi-italia.org

Vuurpyle word uit Gasa op woongebiede en burgerlike teikens in Israel afgevuur Foto: www.cesi-italia.org

Die nuwe vyfdaagse skietstilstand tussen Israel en Hamas wat Woensdagaand in werking getree het, het onrustig begin toe vuurpyle uit Gasa op Israel gevuur het, en Israel met artillerie teruggeskiet het.

Sedertdien hou die skietstilstand blykbaar.

Dit het Woensdag nog gelyk of daar geen vooruitsig is vir ‘n nuwe skietstilstand nie weens onversoenbare voorwaardes van Israel en Hamas. Hamas eis dat die blokkade van Gasa opgehef word, terwyl Israel maatreëls in plek wil hou om te verseker dat Hamas ontwapen word, en die gebied gedemilitariseer word.

Meer as 2 000 mense is dood sedert die jongste konflik losgebars het.

Bron: ANP (Trouw)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.