Gasa: Skietstilstand eindig; lugaanvalle gaan voort

United Nations OCHA occupied Palestinian territory/Facebook

United Nations OCHA occupied Palestinian territory/Facebook

Minstens vier mense is Saterdagoggend in die Gasastrook dood nadat Israel lugaanvalle voortgesit het na die verstryking van ‘n skietstilstand.

Volgens inwoners het die lugaanvalle kort na middernag begin en is moskees in Rafah en Khan Youis in die suide van die Gasastrook geteiken. Minstens 10 Palestyne is beseer.

Israel se aanvalle kom nadat militante groepe glo Vrydag voor die verstryking van die skietstilstand, talle vuurpyle na Israel afgevuur het.

Egipte het as bemiddelaar die skietstilstand van 72 uur bewerkstellig. Amerika en die Verenigde Nasies het intussen ‘n beroep op Gasa en Israel gedoen om na die onderhandelingstafel terug te keer.

Israel hou vol dat daar nie weer ‘n skietstilstand sal wees terwyl Gasa aanhou om vuurpyle af te vuur nie. Gasa sê die skietstilstand is verbreek aangesien daar nie aan hul eise voldoen is nie.

Volgens berigte is nagenoeg 1 900 mense reeds in die geweld dood en meer as 10 000 beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.