Israel se troepe het oornag die Gaza-strook gebombardeer ná ʼn waarskuwing dat hy sy aanvalle sal verskerp in gereedmaking vir die verwagte grondaanval in die gebied.
Die Palestynse militante groep Hamas het gesê die bombardering het tot die dood van 80 mense gelei en meer as 30 huise verwoes.
ʼn Militêre woordvoerder van Israel het Saterdag gemaan dat hulle die “bombardering sal vermeerder om die gevaar [vir hul troepe] te verminder” wanneer hulle Gaza te voet inval.
“Ons gaan die aanvalle vermeerder en daarom het ek ʼn beroep op die inwoners van Gaza gedoen om suidwaarts vir hul veiligheid te vlug.”
Israel het meer as ʼn miljoen inwoners van die noorde van Gaza aangesê om te vlug, maar daar is glo honderdduisende burgerlikes wat nie uit die gebied wil of kan vertrek nie.
Hamas het Israel op 7 Oktober vanaf die Gaza-strook binnegeval en volgens Israel minstens 1 400 van sy burgers doodgeskiet, vermink of aan die brand gesteek.
ʼn Bejaarde inwoner van ʼn dorpie waar sowat 10% van die bevolking deur Hamas vermoor is, het aan AFP gesê dat “hele families geskiet of aan die brand gesteek is”.
Owerhede sê dit was die ergste aanval op burgerlikes in Israel se geskiedenis en het saamgeval met die einde van die godsdiensdag van Sukkot.
Israel se reaksie op hierdie aanval het volgens Palestina meer as 4 300 van sy burgers se lewe geëis en dele van die digbevolkte stad in puin gelaat.
Volgens die Verenigde Nasies (VN) is meer as 40% van Gaza se behuising beskadig of geheel en al vernietig.
Die aflewering van kos, water en brandstof na Gaza het ook opgedroog, maar ná onderhandelinge en druk van die VSA af is kos, water en medisyne vanaf Egipte na Gaza geneem. Geen brandstof is vervoer nie.
Intussen het tienduisende van Israel se troepe die strook omsingel, glo in gereedmaking vir die grondaanval.
Israel het gesê sy aanvalle het reeds verskeie Hamas-leiers en militêre bevelvoerders se lewe geëis.
Aanvalle kring uit
Die konflik het nuwe geweld in die Wesoewer veroorsaak, waar tientalle Palestyne in Israeliese klopjagte en setlaaraanvalle doodgemaak is.
Israel se weermag het Sondag gesê hulle het “terreuroperateurs” in ʼn lugaanval op ʼn moskee in Jenin doodgemaak.
Palestina se ministerie van gesondheid het gesê twee mans is in die aanval dood.
ʼn Heen-en-weer-skietery het ook oor Israel se grens met Libanon uitgebreek. Israel se weermag het egter die militante groep en Hamas-bondgenoot Hizbollah gewaarsku om nie Libanon by ʼn oorlog in te sleep nie.
“Hizbollah speel ʼn baie, baie gevaarlike speletjie. Hulle eskaleer die situasie. Ons sien elke dag al hoe meer aanvalle,” het Jonathan Conricus, weermagwoordvoerder, gesê.
Westerse leiers het Hizbollah gewaarsku om nie betrokke te raak nie, maar dié groep het egter gesê hy is gereed om sy betrokkenheid te verskerp.
“As iets opduik wat groter ingryping deur ons vereis, sal ons dit doen,” het Naim Qassem van Hizbollah gesê.
Israel het tientalle noordelike gemeenskappe ontruim, en byna 4 000 mense in Libanon wat in grensgebiede woon, het na die suidelike stad Tirus gevlug.
Israel gaan nie ophou voor hamas uitgeroei is nie. Isreal het videos wat hamas terroriste gemaak het vsn die mmorde op onskuldige Israelies. 4000 babas voor hulle ouers onthoof. Kinders voor hulle ouers vermoor en dan is die ouers met buitebande om hulle aan die brand gesteek. Jong meiisies ontvoer en verkrag en dsn aan die publiek oorgegee om hulle verder te verkrag en te vermoor. Ek kan nie glo ons president ondersteun hierdie moordenaars nie. Hy is diep gegrief oor Israel hulle aanval. In Suid Afrika word daar 2100 mense per maand vermoor maar hy was nog nooit daaroor gegrief nie.
Enige regeringsleier en weermag sal rooi sien en die vyand uitwis. Dit lyk asof buurlande reeds SA binnegeval geval het en oorlogmisdade pleeg. Ons kan net toekyk.
Edward, dit was 400 babas, nie 4 000 nie. Verder stem ek heelhartig met jou saam. Die Hamas het dit oorlog begin nou moet hulle maar vat wat na hulle kant toe kom. Jammer dat Maroela niks oor die Isrealies plaas nie. Die Hamas is koelbloedige ongelowige en wrede mense. Ek kry net die onskuldige kindertjies jammer.
Hierdie het niks met grondgebied of nasionalisme te doen nie. Hierdie is ‘n godsdiens oorlog wat deur Hamas gedryf en deur Iran befonds word. Hamas het geen saak met die Palistyne se belange nie. Die hoofdoel is die vernietiging van Israel, die land wat van die grootste bydraes maak in die wêreld wat mediese wetenskap, landbou en militêre tegnologie betref, terwyl hierdie lae IK kameelryers net wil vernietig om hulle godsdiens gevestig te kry. Kry die vrouens, kinders en ou mans uit Palistina (stuur hulle Egipte toe) en reinig die plek van hamas.