Gaza-vrede skynbaar van baan

Israel - vlagKort voor ‘n vyfdag-skietstilstand sou eindig, en ‘n nuwe skietstilstand na verwagting Dinsdagaand aangekondig sou word, het Israel en die Palestyne mekaar weer met bomme begin bestook. Die twee kante gee mekaar die skuld vir die verbreking van die skietstilstand.

Israel het sy onderhandelaars wat in Kaïro onregstreekse onderhandelings met Hamas gevoer het, teruggeroep.

Volgens Palestynse woordvoerders is 50 vuurpyle van verskillende fabrikate op Israel afgevuur, en na onder meer Jerusalem, Tel Aviv en die Ben Gurion internasionale lughawe gemik. Die meeste vuurpyle is in die lug deur die “Iron Dome”-verdedigingstelsel onderskep, of het in oop ruimtes geval.

Israel het dadelik weer geselekteerde Hamas-teikens in Gaza onder kanonvuur laat deurloop, en na berig word is die vrou en dogter van die militêre leier van Hamas in die proses dood.

Bronne: ynet News, AMP, Reuter

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae