Gasa-vrede skynbaar van baan

Israel - vlagKort voor ‘n vyfdag-skietstilstand sou eindig, en ‘n nuwe skietstilstand na verwagting Dinsdagaand aangekondig sou word, het Israel en die Palestyne mekaar weer met bomme begin bestook. Die twee kante gee mekaar die skuld vir die verbreking van die skietstilstand.

Israel het sy onderhandelaars wat in Kaïro onregstreekse onderhandelings met Hamas gevoer het, teruggeroep.

Volgens Palestynse woordvoerders is 50 vuurpyle van verskillende fabrikate op Israel afgevuur, en na onder meer Jerusalem, Tel Aviv en die Ben Gurion internasionale lughawe gemik. Die meeste vuurpyle is in die lug deur die “Iron Dome”-verdedigingstelsel onderskep, of het in oop ruimtes geval.

Israel het dadelik weer geselekteerde Hamas-teikens in Gasa onder kanonvuur laat deurloop, en na berig word is die vrou en dogter van die militêre leier van Hamas in die proses dood.

Bronne: ynet News, AMP, Reuter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.