Geelbaadjies betoog weer in Frankryk

ʼn Betoger waai die Franse vlag met die Arc de Triomphe in die agtergrond (24 November 2018) (Foto: AP Photo/Michel Euler, File)

Duisende betogers sal hierdie naweek weer oor Frankryk heen betoog teen pres. Emmanuel Macron se beleide. Teen-geelbaadjiegroepe beplan ook om die strate in te vaar om die geweld te veroordeel.

Meer as twee maande ná betogings oor brandstofprysverhogings, bly geelbaadjiebetogers gemobiliseer en hulle doen ʼn beroep op betogings 11 naweke ná mekaar.

Ongeveer 84 000 persone het verlede naweek betoog, ongeveer dieselfde getal betogers as die vorige week, en ondanks ʼn toename in Macron se goedkeuringsyfers in meningsopnames, sal daar na verwagting Saterdag groot groepe mense opdaag vir die betoging.

ʼn Groep, genaamd die “rooi serpe”, sal na verwagting Sondag in Parys opruk om die gewelddadige optrede van geelbaadjiebetogers te veroordeel. Ongeveer 2 000 mense is sedert verlede November tydens betogings en botsings met die polisie beseer.

Tien persone is dood in motorongelukke wat met die betogings verband hou sedert die betogings op 17 November 2018 begin het.

“Dis asof ons ʼn poging tot ʼn staatsgreep beleef vir mense wat die president wil teenstaan of wil sien dat die nasionale vergadering ontbind,” het Laurent Soulie, een van die organiseerders, aan die RMC-kanaal gesê. “Dis ʼn optog om ons vryheid te beskerm en te versoek dat die geweld tot ʼn einde moet kom.”

Macron se party, “Republiek aan die beweeg”, het gekies om nie aan die optog deel te neem nie, maar sommige lede het aangedui dat hulle tog in die strate sal bymekaarkom.

Macron het intussen sy toewyding om ʼn nasionale gesprek aan die gang te kry, verskerp. Hy het reeds die brandstofprysverhogings gekanselleer en ander fondse beskikbaar gemaak om Franse werkers te ondersteun. Daar is egter steeds ʼn lang lys eise waaraan hy moet voldoen, waaronder die herinstelling van Frankryk se welvaartbelasting op die land se rykste mense tot die implementering van gewilde stemme wat burgers sal toelaat om nuwe wette teen te staan.

Macron het Donderdag ʼn besoek aangekondig om aan ʼn plaaslike debat deel te neem voor talle inwoners. Hy het egter aangedui dat hy nie toe sal gee onder druk van die strate nie. “Ek kan nie ʼn stelsel aanvaar waar mense trots is om nie te stem nie; en wanneer hulle nie saamstem nie, dan wil hulle dit met versperrings teenstaan. Dit is nie ʼn demokrasie nie,” het hy gesê, met verwysing na padblokkades wat betogers die afgelope twee maande gereël het.

Die geelbaadjie-beweging verwys na die neonkleurige baadjies wat Franse motoriste by hulle moet hou sodat hulle sigbaar kan wees indien hulle uit hul motors moet klim wanneer hulle op ʼn onveilige plek stilgehou het. Die betogings het in November begin om teen die brandstofprysverhogings te betoog en het uitgebrei tot verdere betogings teen Macron se ekonomiese beleide, wat, volgens die teenstanders, rykes bevoordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Eintlik moet diegene wat nie betoog nie nou die geelbaadjies vir hul eie veiligheid dra. Dit is interessant dat weelde-belasting deur die geelbaadjies voorgestel is; ‘n erge sosialistiese denkwyse. Glo hulle werklik dat ‘n Franse Revolusie II ‘gelykheid’ gaan bring? Die Soros-handjie is te bespeur. Kuba word nou die droom-paradys vir menige. Go for it!

IK ·

Is dit die regte egte Franse wat betoog of die wat inkruipplek gesoek het? Kom ons raai . . .
Die neonkleurige baadjies behoort hier by ons uitsteken te werk, veral snags, ek het nooit daaraan gedink nie. Dink net as ‘n ‘geraamte’ hier voor jou verskyn met byv. ‘n motorkaping, ai jai jai , , ,

Cherokee ·

Ek ondersteun (en versprei) ‘n petisie wat versoek dat Suid Afrikaners toegelaat word om terug te keer na die Europese lande waarvan afgestam word. Vir my sal dit Frankryk beteken maar dit is nie waarheen ek werklik wil emigreer nie.

HPV ·

Cherokee, selfs Frankryk onluste en al is ‘n beter opsie as hierdie siek helhool.
Waar kan ek die petisie vind?

Fritz ·

Nou laat julle weg wees. Laat weet as ek julle karige besittings moet help pak.

Cornelius du Rand ·

Wat is die oorwegende ras van die betogers. Dit is nie inheemse Franse nie maar ” African”. Europa en veral Frankryk se liberale beleid gaan ly tot hulle ondergang net sooa die liberaliste dit in SA gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.