Geen boeke, opleiding vir nuwe skoolleerplan

Argieffoto

Sommige skole in Namibië maak fotostate van onderrigmateriaal vir onderwysers om leerders van dié land in die nuwe leerplan te onderrig omdat hulle nog geen handboeke ontvang het nie.

Al het dié land se departement van onderwys veranderinge aan die nasionale leerplan reeds vyf jaar gelede aangekondig, het talle skoolhoofde landwyd die afgelope week gesê hulle sukkel nie net met ʼn kort aan handboeke nie, maar dat die onderwysers ook nie behoorlik op die nuwe kurrikulum voorberei is nie, berig The Namibian.

Die voormalige minister van onderwys, David Namwandi, het die invoering van die nuwe leerplan in 2014 bekendgemaak. Van die vernaamste veranderings is dat gr. 10 nie langer ʼn laaste jaar van ʼn kind se hoërskoolloopbaan kan wees nie, maar eers gr. 11.

Ten spyte van die jare lange waarskuwing dat die leerplan ingrypend sou verander, het skoolhoofde aan die Windhoekse dagblad gesê daar is geen handboeke vir die nuwe leerplan nie. Die waarnemende hoof van die Sekondêre Skool Duinesig op Walvisbaai, Harry Renz, het gesê sy skool moet fotokopieë van onderrigmateriaal vir die onderwysers maak.

Volker Shikongo, waarnemende hoof van Tutaleni High School, sê hulle sukkel ook met ʼn tekort aan leerstof. Hy sê onervare eksaminatore is ook ʼn probleem, want toe hulle verlede jaar ʼn proeflopie met die nuwe leerplan gedoen het, was dit effens uitdagend omdat die eksaminatore nog daarop voorberei is nie.

Peka Semba, direkteur van onderwys in die Omaheke-streek, sê egter die nuwe plan is in die leerders se beste belang, want dit bied ʼn groter vakkeuse, veral in ʼn tegniese rigting.

Volgens hom is onderwysers behoorlik tydens werksessies opgelei, maar kla sommige nou “omdat dit bloot menslike natuur is” om teë te skop teen verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

IK ·

Vra Lesufi om te help, hy het ‘n breë algemene kennis wat alles gedoen moet word om vinniger by die afgrond uit te kom. Hy verkies egter Afrikaanse skole om mee op te warm.

Pierre Smit ·

Hoekom skryf julle nie wat in RSA aan die gang is in die skole nie. Belaglik hoe laag die standaard is. Boeke is in elk geval nie meer nodig in julle skole nie. Wapens wel.

Antie ·

Hier by ons het van die leerders nie eers handboeke nie, kry huiswerk en dan word vir die leerders sonder handboeke gesê, maak self plan om dit in die hande te kry. Dan moet ons rondbel en vra of ‘n mede-leerling net asb foto’s sal aanstuur van die werk wat gedoen moet word

Dalene ·

Dalk ‘n goeie idee om feite in te win alvorens sulke halfgebakte berigte die lig sien. Dis so dat die nuwe AS sillabus nog nie beskikbaar is nie, maar ons gaan aan. Bowendien het ons talle privaatskole wat in elk geval óf IEB of Cambridge volg en stuur Namibië jaarliks skoliere uit wat uitstekend voorberei is en boonop uitstekend vaar op universiteit.
Nee wat , kry maar eers al die feite asseblief.

Namib Roos ·

Ek werk daagliks met skole 95% van privaat skole op nam leerplan . Daar is nie handboeke in staat skole tot 7 leerders per boek meeste skole maak fotostate geen idee van kopiereg… feite …….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.