Geen meer ‘Finger Lickin’ Good’ vir KFC nie

Moenie jou vingers aflek nie!

Dís die boodskap wat Kentucky Fried Chicken aan sy klante wil oordra toe die maatskappy besluit het om sy slagspreuk, “It’s Finger Lickin’ Good”, ná 64 jaar op te skort.

Die maatskappy noem dit “die mees onvanpaste slagspreuk vir 2020” te midde van die Covid-19-pandemie.

Die slagspreuk sal “vir ʼn kort rukkie” opgeskort word in wêreldwye bemarking, het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

“Ons is in ʼn unieke situasie – ons het ʼn ikoniese slagspreuk wat nie lekker inpas by die huidige omgewing nie,” het Catherine Tan-Gillespie, die maatskappy se hoof-bemarkingsbeampte, gesê.

Die Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming se veiligheidsmaatreëls te midde van die pandemie beveel aan dat mense nie aan hul oë, neus of mond moet vat tensy jy jou hande gewas het nie, om blootstelling aan die virus te verlaag.

Die maatskappy, ʼn filiaal Yum! Brands in Louisville, Kentucky in die VSA, hou egter vol dat aanhangers nie bekommerd moet wees nie. “Die slagspreuk sal terugkeer – net wanneer die tyd weer reg is daarvoor.”

Die maatskappy het in ʼn YouTube-video gesê: “Daai ding wat ons altyd sê? Ignoreer dit. Vir eers.” Die maatskappy sal na verwagting voortaan slegs “It’s Good” gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Foefie ·

Dis amper snaaks. Rerig? Dat mense hulle nog ophou met sulke beuselagtighede. Jy kry nie ‘n mes en vurk saam met jou hoender nie. Buitendien, ek glo ‘n mens moet jou porsie daaglikse kieme in kry op een of ander manier. Nee man. Moet nou nie die hoender se … been uitruk nie.

Misky ·

Die dam word darem so bietjie te veel onder die eend geruk….. jy het in elkgeval jou hoender met dieselfde vingers geeet. Ek is nou al so oor al die nonsens

Riaan ·

Absoluut idioties. Ek het werklik geen begeerte om ‘n ander persoon se vingers af te lek nadat hy/sy KFC geeet het nie, en ek kan werklik nie die gevaar insien deur my eie vingers af te lek nie. As die hoender besmet was met Covid-19 is dit “te laat”

Simon ·

Gee vir my ‘n “finger lickin’ good” stuk Kentuky hoender en ek gee vir jou ‘n Bell’s! Kentuky smaak die afgelope 26 jaar goor maak nie saak by watter tak jy dit koop nie en is dus na my mening nie meer die slagspreuk werd nie.

Katrina ·

Ongelukkig word alle franchises deur die KFC hoofkantoor/moedermaatskappy in Amerika verplig om polities korrek te wees….. :-( Ek ken nie iemand wat al ooit enigiets met sy hande geëet het, en NIE sy vingers afgelek het voor hy sy hande gaan was nie. Doen so voort! :-)

Lorraine ·

Mens kan maar net kopskud. Polities korrektheid in baie (verdtout my om te sê die meeste) gevalle laat mense identiteitloos. Buitendien, het ek nog nooit iemand anders se vingers (of myne) afgelek nie. Dit is soos Nando’s se slagspreuke. Hulle eie identiteit. Die wat vingers gaan aflek gaan nie nou ophou daarmee net omdat dit nie meer “paslik” is
nie.

JohanR ·

Was seker 15 jaar laas in KFC in. Trust daai toegegooide honder, en die skoonheid van die plek en mense wat daar werk net niks nie. Sal nog nou en dan by Nando’s ‘n wegneem eet koop maar KFC….haaikona!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.