Geen meer wilde diere in sirkusse, bepaal Frankryk

ʼn Sirkusleeu wat uit Guatemala gered en in Januarie 2020 na Suid-Afrika oorgeplaas is (Foto: Orlando Estrada/AFP)

Franse wetmakers het Donderdag ʼn verbod geplaas op die gebruik van wilde diere in lewendige sirkusvertonings. Dit bring ʼn einde aan die gebruik van tiers, leeus en bere wat in sirkusvertonings gebruik word.

Die verbod tree oor twee jaar in werking en eienaarskap van dié diere sal oor sewe jaar onwettig wees onder diereregte-wetgewing waaroor daar al sedert 2020 gedebatteer word.

Die wet, sodra pres. Emmanuel Macron dit onderteken, sal ook binne die volgende vyf jaar ʼn verbod plaas op lewendige dolfyn-vertonings.

Macron se LREM-party het die wetgewing as “ʼn historiese stap in die stryd vir diereregte” beskryf. Sirkus-eienaars het dit egter veroordeel en sommige omgewingskenners meen dit is nog nie genoeg nie.

Buiten die maatreëls wat sirkusse teiken, sal die nuwe wetgewing ook die maksimum boete vir mishandeling van diere verhoog na vyf jaar tronkstraf en ʼn boete van €75 000 (sowat R1.3 miljoen) met ʼn beperking op die verkope van troeteldiere.

Loïc Dombreval, LREM se medeborg van die wet, het toegegee dat ander omstrede kwessies nie by die omvang van die wetgewing ingesluit is nie. “Daar sal uiteraard ʼn dag kom wanneer ons oor sensitiewe kwessies soos jag en stiergevegte debatteer,” het die wetmaker, wat ook ʼn veearts is, gesê.

Die 120 sirkus-eienaars in Frankryk sal na verwagting betoog teen die beperkings op hul bestaan en gewaarsku dat sommige diere moontlik wees gelaat sal moet word. “Dit is ʼn arbitrêre wet want diere word nie in ons sirkusse mishandel nie,” het William Kerwich, hoof van die vakbond vir afrigters van sirkusdiere, aan AFP gesê.

Die nuwe wetgewing plaas ook ʼn verbod op die gebruik van wilde diere in televisieprogramme, nagklubs en by privaat partytjies.

Meningsopnames wys ʼn groot meerderheid van Franse burgers ondersteun die wetgewing. Verskeie stede en dorpe het reeds ʼn verbod geplaas op reisende sirkusse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eiervrug ·

Wens dit kon so in SA wees. Ons diere word nie net aan hulle eie genade oorgelaat nie, ek wonder hoe ver is ons op die top 10 van dieremishandeling. So sad….

Harley Davidson ·

Dit is n positiewe besluit en diere in ‘n sirkus is wreed en moet oral verbied word.

Pietertjie ·

Mooi storie! Nou moet dit net in die res van die wêreld ook gebeur, eintlik vir enige wilde dier wat agter tralies sit.

Genis ·

Hoe goed is sit nie… Dis siere mishandeling op sy beste… Nou kan die diere nie na die vieslikke mens deur die tralies loer nie… En geslaan word nie…

Janee ·

Absoluut fantastiese nuus!….Hoewel die syfers “2 jaar en 7jaar” sinneloos is….

Dahlia ·

Hoera!
Ek wens hulle wil dit internasionaal toepas.
Sirkusse is wreed … die arme diere!

Hennie ·

Hoog tyd. Geen plek in n beskaafde samelewing om diere in klein hokke aan te hou en as vermaak vir mense te gebruik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.