Geen oorlewendes ná vliegtuigongeluk

Die Cessna 5Y-CAC wat in Kenia vermis geraak het. (Foto: Daily Nation)

Al tien mense aan boord die Keniaanse vliegtuig wat se wrak opgespoor is nadat dit Dinsdagaand vermis geraak het, is dood.

Die wrak van die Fly-SAX-vliegtuig, wat op pad was na Nairobi, Kenia se hoofstad, is Donderdagoggend in die Aberdare Nasionale Park, noord van Nairobi, opgespoor.

Charles Wako, Fly-SAX se voorsitter, het Donderdagmiddag by die Weston-hotel in Nairobi bevestig dat soek-en-reddingspanne by die wrak uitgekom het en dat daar geen oorlewendes is nie.

Die vlieëniers is as Barbra Wangeci Kamau, die kaptein, en Jean Mureithi, mede-vlieënier, geïdentifiseer.

Maroela Media het vroeër berig  die Cessna C208-vliegtuig met die registrasienommer 5Y-CAC het Dinsdag omstreeks 16:00 by Kitale opgestyg en sou ongeveer  ʼn uur later in die hoofstad aankom. Buiten die vlieëniers, was daar agt passasiers aan boord van die vliegtuig.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.