Geen Twitter-transaksie sonder duidelikheid oor ‘botte’

Elon Musk. (Foto: Patrick Pleul/POOL/AFP)

Die miljardêr Elon Musk het Dinsdag voet by stuk gehou dat sy verkryging van Twitter nié kan voortgaan tensy hy klinkklare antwoorde oor die aantal botte op die platform ontvang nie.

“Twitter se uitvoerende hoof [Parag Agrawal] het gister in die openbaar geweier om bewyse te lewer [dat strooipos of vals rekeninge inderdaad minder as 5% van gebruikers verteenwoordig],” het Musk vroeër vanmiddag getwiet.

“Hierdie ooreenkoms kan nie vorentoe beweeg totdat hy dit doen nie.”

Musk voer aan botte, ’n sagtewaretoepassing wat outomatiese take oor die internet uitvoer, teister Twitter. Sy vereiste bemoeilik die reeds bittere aanbod om die sosialemediareus te koop.

Forbes het Musk, hoof van SpaceX en Tesla, onlangs bestempel as die wêreld se rykste persoon, met ʼn fortuin van nagenoeg $230 miljard – die meeste daarvan in Tesla-aandele.

Sy ondersteuners sien hom as ʼn nonkonformistiese genie, terwyl sy kritici hom beskou as ʼn onvoorspelbare magsbehepte man.

Musk het talle beleggers in April verras met sy aankondiging dat hy Twitter wil koop. Sy $44 miljard-aanbod is egter vir eers in die yskas hangende vrae oor die sosialemediamaatskappy se raming oor die aantal vals rekeninge, oftewel botte, op die platform.

Volgens Agrawal skort die platform daagliks meer as ’n halfmiljoen oënskynlik valse rekeninge op, gewoonlik nog voor hulle gesien kan word. Miljoene rekeninge word ook weekliks verban indien die gebruiker nie kan bewys dat die rekening deur ’n mens en nie deur sagteware beheer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank ·

‘n Bot en Robot is twee verskillende dinge en bot of botte seker maar aanvaarbare afrikaans vir gebrek aan amptelike afrikaanse woord

Waarnemer ·

Waar kan ek die Elon Musk se e pos adres kry,ek sal like om met hom besigheid te doen

Kerrie ·

Om n besigheid te adverteer en probeer verkoop met vals opgeblaaste “sales-figures” is krimineel ….veral as jy self n sosiale media platform probeer verkoop maar jy het self sagteware in plek wat tweets en advertensie “views” vervals deur dit meer te laat “lyk” as wat dit is…..dan weier jy nog om bewyse te gee dat dit stopgesit is.

annie ·

As ek hy was los ek vir tweety. Hy kan sy breinkrag beter bestee. Daai stasie is goedkoop twak. Gooi die miljarde eerder elders weg.

Jean ·

Sy eie woorde en 100% waar: Whoever thought owning the libs would be cheap never tried to acquire a social media company.

Jaco ·

En as dié man in SA agterbly het, sou hy nie eens ‘n restaurant kon begin nie, want hy sou hoor: “jy is te wit om dit te doen, jy pas nie regstellende aksie reg toe nie en jy pas geen BEE toe nie”. Ek wens ek kon wegkom uit dié aaklige anti-wit SA. Jammer dat ek te oud en te arm daarvoor is.

JM ·

Jaco, ek stem saam met jou; ek is ook te oud om uit die land pad te gee. As ek kon, sou ek vandag nog my tasse gepak het! Van die eens vooruitstrewende Suid-Afrika is NIKS oor nie: net ellende en gemors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.